Skrywerswerkswinkels – nog net 'n paar sitplekke oor

  • 0

stellenboschbanner

slypskool_ingridDie Departement Afrikaans en Nederlands van die Universiteit Stellenbosch bied op Vrydagmiddag 27 November en Saterdag 28 November vier werkswinkels aan vir studente en lede van die publiek. Die romanwerkswinkel, wat deur die Hertzogpryswenner Ingrid Winterbach aangebied gaan word, is reeds vol. Voornemende deelnemers sal nou moet spring om vir die ander drie werkswinkels in te skryf, want die sperdatum is 13 November.

Deelnemers moet vooraf tussen die volgende drie genres kies:

  • slypskool_eliasKontreiverhale – Elias Nel
  • Poësie – Zandra Bezuidenhout
  • Rubrieke – Anastasia de Vries.

Die vier aanbieders sal ook elkeen ʼn kort praatjie vir al die deelnemers aanbied. Die gasspreker is die bekroonde digter Alfred Schaffer.

slypskool_anastasiaDie doel met hierdie gewilde jaarlikse werkswinkels is om sluimerende talente wakker te maak en om kreatiewe en kritiese denke te help ontwikkel. Deelnemers se kreatiewe werk word anoniem binne groepsverband bespreek. Verder word werkswinkelgangers blootgestel aan die skryfwerk van verskillende skrywers ten einde hul eie leeservaring te verruim. Slaggate waarin maklik getrap word, word uitgewys. Inligting oor publikasiemoontlikhede en manuskripversorging word verskaf.

slypskool_zandraDie koste is R600 vir die publiek en R500 vir studente. Ons is groot dank verskuldig aan die ATKV wat vanjaar ’n skenking ten bate van die Skrywerswerkswinkels gedoen het.

Inligting en inskrywingsvorms kan verkry word van prof Ronel Foster: [email protected]

Ten einde doeltreffende interaksie te verseker, word getalle beperk. Doen dus asb eers navraag of daar nog plek beskikbaar is.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top