Skryf in vir Augustus se Lekkerlit-boekkompetisie: Leon van Nierop se Insomnia

  • 0


 

Titel: Insomnia
Skrywer: Leon van Nierop
Kategorie: Roman/Spanningsverhaal
Formaat: Sagteband: 129 x 198mm  
ISBN: 99780799355321

Insomnia is ’n nuwe roman deur Leon van Nierop en is ’n verwerkte weergawe van die  gewilde vervolgverhaal in Vrouekeur.

Louise gaan soek hulp teen insomnia by die Jerigo Slaapkliniek in die mistige klowe van die Pelgrimsrus-omgewing. En sy gaan soek na haar verloofde wat ook hier is vir hulp, maar vir ’n ruk niks van hom laat hoor het nie. Of is hy nie hier nie?

In die geheimsinnigheid van die feitlik ondeurdringbare bos wat Jerigo omring en uit die gebou se toringvensters hou iemand haar dop – sy voel dit, sy weet dit. Of verbeel sy haar dit omdat sy reeds begin hallusineer van slaaploosheid?

Koop Insomnia by toonaangewende handelaars of direk vanaf LAPA Uitgewers. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za

Elke maand kan een leser R1 000 kontant wen deur op LAPA se facebook-blad ’n maklike vraag oor die Lekkerlit-boek van die maand te beantwoord.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top