Skryf
Saam die môreson
sal ek vir jou kom sê
Jy is al wie ek
vir altyd by my wil hê
Saam die westewind
sal ek 'n brief vir jou stuur
'n Brief vir jou
my mooiste bruinoog meisiekind
REFREIN:
So trek oop jou gordyne
en voel die sonskyn op jou gesig
Kyk, in die velde en bome
skryf ek jou 'n liefdesgedig
Net vir jou, net vir jou
'n Liefdesgedig vir jou
Al sou die son gaan slaap
en die sterre helder raak
Al raak die daglig weg
skryf ek vir jou
Op swart en blink
'n duisend ligjare weg
Dan skryf ek vir jou
in die melkweg
REFREIN:
So trek oop jou gordyne
en sien die sterre in die lug
Ontmoet my in jou drome
en hou vas aan my liefdesgedig
Ontmoet my in jou drome
en weet, ek kom eendag terug
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


