Skrif aan die toiletvloer vir EU?

  • 0

Nou toe nou, skaars 60 jaar nadat die EU in ligtelaaie gestaan het, met dermiljoene dooies in die kring en verwoeste stede soos paddastoele, staan die EU weer voor dooiemansdeur, en weereens, oudergewoonte, deur hul eie toedoen het hulle hulself vierkantig in beide platpote gekwes!!!

Hoe kry hulle dit reg, elke keer reg met sulke oorgawe???

Dis bykans bomenslik!!

So lees ek in Volksblad:

Bruggemans sê solidariteit met hul landgenote en bure plaas ’n al hoe groter las op werkende Europeërs, terwyl die voordele wat hulle van die staat verkry, klein bly.

“’n Jong, gesonde en werkende individu met ’n gemiddelde inkomste moet binne sy eie land bejaardes, die nie-gesondes en die siekes en selfs dié wat nie werk nie onderhou. Buite sy land moet hy nou ook die lande aan die ekonomiese rand van Europa onderhou.”

Die Europeërs wat betaal, word stadig minder, terwyl al hoe meer mense bakhand staan. Die betalers het begin besef dat hulle “verkul” word.

Dit lyk of dr. Angela Merkel, Duitsland se kanselier, begin besef het hoe suur haar kiesers is oor die miljard euro wat Duitsland aan sy sukkelende bure bestee. Sy het belowe om vanjaar – voor die nasionale verkiesing in September – werkskepping en ekonomiese groei in Duitsland ’n groter prioriteit te maak.
 

Fooitoggies, hoe het die banke nie leeggeloop nie!!

My hart drup batterysuur, foeitog, foei ... maar ek wens elke liewe Afrikanerosaurus, poepol-peester-klierkop-klont, 'n eenrigtingkaartjie terug na hul bankrot tuiste toe, gaan huil daar ... terwyl jy krepeer ...

Viva Afrika!!!

Francois Williams

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top