
Waar: Die Boer
Wanneer: Sondag, 1 September
Koste: R80
VonWest is Pieter-West (Idols 2010 5de naaswenner) en Dewald von Solms (bekende SA opera tenoor). In 2011 het Christa Steyn met die 2 kunstenaars ontmoet en 2 liedjies opgeneem, om te sien of die samewerking van die opera-en volwasse kontemporêre musiek sal werk, die eind resultaat is VonWest. Die album bevat oorspronklike materiaal, 'n paar bekende “covers” van gewilde liedjies en 'n paar klassieke musiek gunstelinge. Die album is opgeneem, en vervaardig deur die krities bekroonde Christa Steyn, oor 'n tydperk van 8 maande, terwyl sy ‘n stryd met kanker gehad het, en die uiteinde was haar beste werk ooit. VonWest word verteenwoordig deur Gallo Musiek, a divisie van Gallo Record Company.
Pieter West het met sy skaam natuur en ‘sexy’ growwe stem die Suid Afrikaanse publiek aan sy voete gehad in die 6de seisoen van Idols. Hy het die 5de plek behaal met sy treffende weergawes van “You can leave your hat on” en “Dancing in the dark”. Hierdie boorling van die Suid Vrystaat loop oor van talent met stem en kitaar en hy toer al sedert Idols die land plat. Pieter West is ewe gemaklik op die verhoog met net sy kitaar of in hierdie groot produksie van Von West. ‘n Ster vir die toekoms, voorwaar!
Dewald von Solms, een van Suid Afrika se top tenore, spog met optredes oor die hele wêreld, vir o.a. Tel Aviv Operahuis. Deur sy passie om op die verhoog te wees, vermaak hy al vir meer as 15 jaar gehore op die opera verhoog sowel as by privaat en korporatiewe funksies. Op die kruin van sy loopbaan besluit hy om die klassieke verhoog te verruil vir die sielsverrykende wêreld van ligte musiek in Suid Afrika. VonWest is ‘n 5 jaar projek wat nou realiseer en na hoofrolle in Rigoletto, La Traviata, La Boheme, Cavalliera Rusticana, Die Fledermaus, Tosca, Carmen, The Student Prince en Madam Butterfly, kies hy om eerder te sing vir Suid Afrikaners en verkieslik in hulle taal, eerder as ‘n opera loopbaan in Europa.
VonWest het binne drie maande al meer as 5000 albums in die winkels verkoop, selfs voor die bekendstelling. ‘n Suksesvolle onderhoud met Coenie de Villiers op Kwela en advertensie op Kyknet en gereelde speeltyd op RSG het hierdie nuwe duo paar aan Suid Afrika bekendgestel en stil stil is hulle besig om al die elite feeste op hul kerfstok te plaas o.a. Kolligfees (Durban), Hart van Windhoek Fees (Windhoek), Huisgenoot Skouspel, Namaqua Fees en nog vele meer.
Dewald en Pieter is ook deur hul liefde vir Christa Steyn oortuig dat hul fondsinsamelingsvennootskap saam met CANSA net positiewe resultate sal oplewer.

