Skoolkinders moet swem, maar grootkoppe hou paartie

  • 0

 Die onvermoë waarvan Oester gewag maak  is eintlik iets van om oor te huil. Sien oor E-News dat die Msinga Munisipaliteit al meer as 10 jaar lank "plan to meet" die "Transport authorities" om ’n plan te maak.

Skoolkinders moet daagliks feitlik naak heen en weer oor ’n rivier swem om by die Zimiseleni Skool uit kom. Een het al verdrink en is nooit gekry nie.

As hulle op sommige plekke busse kan huur om kinders van wie weet waar teen groot koste te vervoer, hoekom kon daar nie al ’n soort van jetty gebou en iemand per tender gehuur word om ’n veilige gemotoriseerde bootdiens te verskaf nie?

Maar R200,000,000 vir ’n moeder van ’n paartie kon gou uitgehaal word. Dis mos OK.

Voorspoed vir 2012. (Julle ongelowiges beter plan maak, 21 Des 2012 kruip nader.)

Groetnis

Raed-na-Gael

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top