"Skool" deur Jaomi Zeeman

  • 0

Skool

Ons was blatant voortvarend jonk
met selfgeregtigheid gepronk
ons het ons donker kant beproef
het selfs die duiwel probeer troef
op onverskilligheid oorleef
mekaar soms bitter swaar vergeef
hoe het ons nou tot hier gekom?
ons was dan eers so bitter dom

Refrein

Kom sit aan
ons hou ’n ete
vir al die spoke
uit ons verlede
breek die vas
ons hou ’n fees
vir die geraamtes in ons kas
aan elke fout dig ons ’n ode
verskuilde gawes van die gode
elke onnosel, dom besluit
bring ons wysheid met die tyd

Baie trane moes ons stort
baie grense moes ons tart
om ons kompas te kon word
wat ons skenk ’n suiwer hart
diploma wat ons duur gekoop het
wat ons goed met vuur gedoop het
wysheid nie deur bloed geërf
maar in die skool van die lewe verwerf

Refrein

Kom sit aan
ons hou ’n ete
vir al die spoke
uit ons verlede
breek die vas
ons hou ’n fees
vir die geraamtes in ons kas
aan elke fout dig ons ’n ode
verskuilde gawes van die gode
elke onnosel, dom besluit
bring ons wysheid met die tyd

Niks het op ons neergedaal nie
niks wat ons nie self moes haal nie
ons is gebring waar ons nou is
ons het geleer wat ons nooit wis
niks deur breinspoeling ingedril
die goeie kies ons want ons wil
ons ken dit goed wat nie waar is nie
ons sou die reis vir niks wou mis nie

Refrein

Kom sit aan
ons hou ’n ete
vir al die spoke
uit ons verlede
breek die vas
ons hou ’n fees
vir die geraamtes in ons kas
aan elke fout dig ons ’n ode
verskuilde gawes van die gode
elke onnosel, dom besluit
bring ons wysheid met die tyd

Brug

Stal uit al ons bagasie
dit word die vere in ons hoed
uit elke slegte situasie
kom uiteindelik tog iets goed

Refrein

Kom sit aan
ons hou ’n ete
vir al die spoke
uit ons verlede
breek die vas
ons hou ’n fees
vir die geraamtes in ons kas
aan elke fout dig ons ’n ode
verskuilde gawes van die gode
elke onnosel, dom besluit
bring ons wysheid met die tyd

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top