As die eilande uitwyk
en die swart voëls jou toevlerk
hang ‘n donkermaan bo ‘n nag
vol skipbreuk en kielhaal
Ek het vir myself gesê:
ek is ‘n skip, lewenslank –
wat die boegspriet
teen die ooswind moet steek
(met hierdie bedehande
om die Roer)
Met dagbreek, as die eilande
vlerkklap agter skole visse
hys my oë deur mistigheid
die anker om die Son –
hier uit my Bermuda-hoek


Kommentaar
Hallo Ester,
Baie dankie, Henk!