Skepsels, etiek en filosofie

  • 17

Die eed van Hippokrates word wyd geag as die eerste geskrewe kode van professionele gedrag. Ek het die eed afgelê en ag dit my verpligting om dit na te speur – om terug te spoor tot die ontstaan van algemeen aanvaarbare gedrag.

Thy fault will be expelled. Thy guilt will be wiped out by the weighing of the scales on the day of reckoning.

 ‘n Ou Testamentiese profeet oor die oordeelsdag?

I made the four winds that every man might breathe thereof like his fellow in his time. I made the great inundation that the poor may have rights like nobles. I made every man like his fellow. I did not command that they do evil. It was their hearts which violated what I said.

Is dit uit Prediker?

Nee, beide verordeninge is uit die Coffin Texts van die Middel-Koninkryk van Egipte (2200-1800 VC), vyfhonderd jaar voor Moses. Dié hiërogliewe is aangebring op die doodskiste van edelmanne en getuig van sofistikasie, intellektuele inhoud, prosa en poësie hoog verhewe bo dié van die Pyramid Texts. Dit is vergelykbaar met die beste in die Bybel, Koran en Torah. Die ontsyfering was die lewenstaak van de Buck en na hom Bruinsma (beide Belge), van die Oriental Institute in Chicago — die direkteur en stigter waarvan, die egiptioloog en humanis James Henry Breasted was. Die finansi?le borg was John D Rockefeller. Vanwe? sy godsdienstige agtergrond vind baie dit steurend dat Breasted as die rolmodel van Indiana Jones voorgehou word. Die Coffin Texts verteenwoordig die oudste geskrewe samevatting van etiek.

Hammoerabi, die 6de koning van Bibili (Babilon) –1792 tot 1750 VC – was verantwoordelik vir die eerste geskrewe stel wette. Die 282 wette in Akkadiën,die taal van Babilon, was aangebring op 12 tablette wat ingemessel is in ‘n klipmonument, ongeveer twee en ‘n half meter hoog. Dit was opgerig in die openbaar vir almal om te sien. Analfabete was nie daarvan vrygestel nie. Die wette was eksplisiet, die straf swaar en onverbiddelik, en dit het dikwels tot die dood van die veroordeelde gelei.

In Griekeland van ouds het mitologie floreer — miskien nie meer as in ander streke nie maar dit is wyer opgeteken. Daar was ‘n magdom van gode en godinne, sommige steeds welbekend, maar waarskynlik was die alledaagse Griek banger vir die dogters van Zeus, die lotsbepalers of Moirae Selfs die (ordinêre) gode het die formidabele oujongnooiens gevrees! Hulle was Clotho, wat die draad van die lewe gespin het.

Lachesis, wat die draad van die lewe gemeet het, en Atropos, wat die draad van die lewe geknip het. Een oorlog en twee individue was grootliks verantwoordelik vir die verbreking van die wurggreep van mitologie op die bevolking — die Peloponnesiëse oorlog (431- 404 VC) — waarin die Atheense ryk teen die Peloponnesiëse liga, onder leiding van Sparta, die onderspit gedelf het en die geskiedskrywers Herodotusen Thucydides Cicero het Herodotus as “die vader van geskiedenis” geag terwyl Thucydides erkenning gekry het as “die vader van wetenskaplike geskiedskrywing” — die verskil was dat Herodotussy feite met fabel gekleur het terwyl Thuccydides streng standaarde gehandhaaf het met die insameling sowel as die verwerking van feite. Die omgewing is geskep waarin “antieke morele teorie” floreer het. Etiek, soos ons dit ken, het hieruit gespruit.

Die Goue Era het aangebreek en as dit weergee kan word deur die mees aanvaarde geboortedatums van die hoofrolspelers te neem beslaan dit ‘n nou band van ongeveer 280 jaar in die verloop van 4000 jaar — vanaf 563 tot 279 VC Die reikwydte van dié kern het ver oor die grense van die Oikumene (bewoonde wêreld), soos Herodotus dit in 450VC gekarteer het, gestrek — vir seker was daar ander, ook in ander streke en kontinente, van wie bydraes nie aangeteken is nie of verlore gegaan het.

Confucius se geboorte te Qufu, gele? in noord-oos China word — ietwat verstommend — aangegee as presies tot die dag van 28 September 551 VC Hy is in eenvoud gebore en in armoede getoë nadat sy vader, ‘n bekende kryger dood is toe hy drie jaar oud was en sy moeder gedwing is om ‘n bywyf te word.

Confucius het eerlikheid bo etiek gestel. Sy etiese leringe soos dit uitgespel word in Li is baseer op drie konsepsuele aspekte van die lewe naamlik Seremonie, soos offerande aan voorvaders en goddelikes Sosiale en Politieke instellings, en die Etiket van alledaagse gedrag.

Sy konsep van Omgangs Etiek (Relational Ethics) is veral interessant: Wat jy aan ander mense verskuldig is, is omgekeerd eweredig aan jou afstand van hulle.

Jy skuld jou ouers baie.
Jy skuld jou familielede min.
Jy skuld vreemdelinge niks — aangesien dit onmoontlik is om die hele wêreld eweveel en voortdurend lief te hê.

Die bekendste beginsel van Confucius is die Goue re?l: Moet nie aan ander doen wat jy nie aan jouself gedoen wil hê nie.

Toe ‘n leerling, Zi Gong, aan hom vra: “Meester, is daar een woord wat my deur die lewe kan lei?” antwoord hy “Wat van shu (resiprositeit)?" Moet nooit op ander afdwing wat jy nie vir jouself sal kies nie”— dit staan bekend as Confucius se Silwer re?l.

Die Goue re?l (Etiek van Resiprositeit) is argumentshalwe die mees essensi?le basis van menseregte. Die term, Goue re?l, het gedurende die 1670’s ontstaan maar die begrip is reeds aangeteken in 2025 VC met die storie van Khun-anap en sy donkie (The eloquent peasant). Dit reflekteer Maat, die antieke egiptiese personifikasie van die waarheid en geregtigheid. Dit verskyn ook in die wette van Hammoerabiwaar dit egter hopeloos oordonder word deur die konsep van vergelding — ‘n oog vir ‘n oog en ‘n tand vir ‘n tand.

Die Goue re?l is wydverspreid in die godsdienste van die wêreld en deur humaniste op geneem maar George Bernard Shaw het ‘n ander mening gehuldig: “Do not do unto others as you would that they should do unto you. Their tastes may not be the same.”

Siddh?rtha Gautama Buddha, die Verligte Een (The Enlightened One) of te wel Boeddha, is in Lumbini, in die hedendaagse Nepal, gebore en het ook nirvana daar betree. So seker as wat Confucius se geboortedatum aangegee word so onseker is Boeddha s’n.

Die Oxford History of India (Smith 1915) en die Cambridge History of India (Rapson 1922)  kom egter ooreen dat Boeddha waarskynlik van 563 – 483 VC gelewe het. Indien dit die geval is was Boeddha ‘n skrale 12 jaar ouer as wat Confucius was, en het vier jaar voor hom gesterf.

Anders as met Confucius is Boeddha in rykdom gebore — sy pa was ‘n koning en hy ‘n prins. Antieke confucianisme was ryk aan seremonie terwyl antieke boeddhisme ryk aan geloftes was. In boeddhisme is pligte, houdings en gedrag noukeurig omskryf. Boeddha en sy monnike het vier maande van elke jaar bestee om sy leringe te bespreek en te repeteer.

Die basis van boeddistiese etiek vir leke is Die Vyf Geloftes (The Five Precepts of pañca-s?l?ni)

  • Ek sal nie dood maak nie
  • Ek sal nie steel nie
  • Ek sal my nie seksueel wangedra nie
  • Ek sal nie leuens vertel nie
  • Ek sal geen bedwelmende middels neem nie

Die aanvangsgebod in die Edele Agtvoudige Weg is: geen besering of geweld teenoor alle lewende wesens - vanaf die laagste insek tot die mens.

Bo alles is Die Vier Houdings (Attitudes) wat die Onmeetbares genoem word

  • Liefderykheid en Vriendelikheid
  • Medelye
  • Simpatieke Vreugde
  • Kalmte

Dit word algemeen aanvaar dat geen beeldgelykenis van Boeddha gemaak is tot 400 tot 600 jaar na sy dood nie — die uitsondering is ‘n roos-sandelhout beeld in Seiryouji tempel in Kyoto, Japan, wat volgens oorlewering, kort na sy dood in opdrag van ‘n Indiese koning gemaak is, en met ‘n ompad deur China in 987 NC in Japan beland het. Die bekende beeld van Boeddha het in die “verbeeldingswêreld van sy volgelinge met die verloop van tyd ontwikkel”.

Die Brahim Sonandanda beskryf hom as “handsome, good-looking, and pleasing on the eye, with a most beautiful complexion. He has a godlike form and countenance.”

 Die “32 signs of the great man” is ook aan hom gekoppel.

In antieke Griekeland het pre-sokratiese filosofie ontwikkel met die koms van die "physiologoi". Hulle was gemoeid met die essensie van dinge; vanwaar kom ‘dinge?’; van wat is alles geskep?; hoe kan die veelvuldigheid van ‘dinge’ wat in die natuur voor kom verklaar word? Hoe kan die natuur matematies verklaar word?

Hulle het die kritiese ontleding van teorië bevorder en die mitiese verklaring, wat op blinde geloof alleen berus het, verwerp. In dié atmosfeer van verandering het die sofiste verskyn — dikwels gehawendes hoofsaaklik vanuit klein Asië. Hulle het die seuns van Atheners onderrig, hoofsaaklik in retoriek en sprekervaardighede — om hulle voor te berei vir ‘n politieke loopbaan. Hulle het die strate bewandel met hul leerlinge om hulle en agterna — natuurlik teen ‘n fooi.

Uit hul geledere het Sokrates verskyn, “bes moontlik die grootste Athener wat ooit geleef het”.  Teoretici het veelvuldige menings van oraloor versamel. Hulle het dit gesif om konsensus te bereik. Dit is omskryf onder die hoofde van Deug [Virtue of Arete (Gk)], Vreugdevolheid [ Happiness of Eudaimonia (Gk)], en Siel.

Verskillende verklarings van woorde het probleme geskep. Byvoorbeeld arete kon ook uitnemendheid (excellence) beteken Meno, ‘n karakter deur Plato geskep, het ‘n belangrike gedagtegang van sy tyd as volg verwoord: “Excellence for a man is managing the business of the city so that he benefits his friends, harms his enemies and comes to no harm himself.”

Hy is dus “contemptuous of moral virtues. He is cruel, arbitrary, greedy and ravenous of appetite” — dinge het maar min verander!

Die meeste van die antieke filosowe het gevoel dat menslike uitnemenheid gebaseer moet word op ‘moed’ en ‘matigheid’. Die uitnemende mens moet regverdig wees Hulle het deug aan geluksaligheid gekoppel. Geluksaligheid is die ware doel of uiteinde van die mens se lewe. Deug is ‘n gawe van die siel en dit voorsien nie fisiese aantreklikheid, gesondheid, voorspoed of rykdom nie. 

Plato het geglo dat die siel onsterflik is en dat deug ‘n ‘goeie’ is wat die dood oorbrug — maar sy argument van deug as ‘n psigologiese ‘goeie’ is nie afhanklik van die onsterlikheid van die siel nie. Baie glo dat om ‘n streflike lewe te lei met die psigologiese ‘goeie’ van deug in sigelf geluksaligheid is.

(Ignatius) Naas Viljoen

  • 17

Kommentaar

  • Hello, 

     
    Tesame met die kompliment wat ek alreeds geplaas het en volstaan mee is die dalk 'n voorlopige antwoord op die vraag wat Henn ook al geopper het en waar daar duidelike verskille tussen my en Henn bestaan, naamlik wat is die oorsprong van moraliteit en etiek. 
     
    Henn se antwoord indien korrek verstaan word, is redelik simpliesties, "almal" volgens Henn se argument had godsdienstige ouers terug as 'n lyn sonder end tot met die Adam en Eva word dit aanvaar en al is die wat nie meer gelowig is nie nog steeds deur godsdienstige ouers opgevoed en is hul verwysing daarom dan eties en moreel gebaseer op godsdiens. 
     
    Kobus De Klerk se antwoord is nog meer onomwonde, die morele en die etiese is 'n direkte oorsprong van "God" se wil en is so bepaal. "Finish en klaar". 
     
    Naas se brief poog om uit verskillende kulture en tradisies 'n moontlike verloop van hoe etiek en moraliteit kon ontwikkel het te probeer bepaal. 
     
    Daarvoor komplimenteer ek hom sonder enige voorbehoud maar besef ook die ongelooflike komplekse aard van die uitbeelding van die ontwikkeling. 
     
    Stephan Marcus het onder Kobus se bespreking van die hel uitgewys hoe oordadig kompleks "goddelike moraliteit" kan wees, dalk net aan die hand van Kobus se bespreking daarvan, aangesien die konsep van sondeval en redding tog "eenvoudig" aangebied kan word sodat die argument daarvan redelik maklik is. 
     
    Die debat oor etiek en moraliteit verg van ons om die historiese ontwikkeling daarvan te verstaan. Naas se uiteensetting is 'n baie goeie begin. 
     
    Daarom moet daar gewaak word om net eenvoudig Boeddhisme teen Christenskap teen filosofie op te stel nie maar werklik te probeer verstaan hoe het die etiese en die morele ontwikkel oor al die verskillende beskawings wat die diversiteit van die mensdom opmaak. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • CorneliusHenn

    Wouter, 

    Jy verskil gewoon met my net omdat jy van my wil verskil - dis al.  

    Ek het 'n "volledige bydrae" in my eie beskeie kitsnaslaan oor my aansluiting by Naas gestuur, maar ter aanvulling deel ek ook hier my onbevange beskouing dat Charles Darwin se "The Descent of Man, and Selection in Relation to Sex" sinvolle verklaring bied vir die religieuse en gevolglike morele  aard van die mens.  

    Jonathan Haidt is vandag se wetenskaplike in die onderwerp. 'n CNN verslag oor sy werk kan hier gelees word: http://edition.cnn.com/2012/04/01/opinion/haidt-religion-evolution/index.html  

    Wouter, ek moedig jou heelhartig aan om hierdie te kyk: http://edition.cnn.com/video/#/video/living/2012/03/31/ted-jonathan-haidt.ted 

    Al wat ek in my diepste wese byvoeg is dat ons Almagtige Lewende Skepper geloof in ons harte as 'n absolute werklikheid daarby skep. Dis empire wat 'n mens nie onder ander se neuse wil vryf nie maar eerder ander se voete wil was - agnost, ateïs, ... of wat ookal maak nie saak nie ...  

    Ook jou amigo in Adam,
    Cornelius  

  • CorneliusHenn

    ... verskoning: "empire" is eintlik "empirie" ... dis nogals 'n groot verskil wat 'n "i" kan maak ...

  • Hello Cornelius, 

     
    Ek verskil werklik nie van jou soos jy dit stel, "omdat jy van my wil verskil - dis al".
     
    Al my verskille met jou was werklik omrede daar verkillende alternatiewe volgens my oordeel bestaan wat in teenstelling is met die stellings wat jy hier gemaak het. 
     
    Indien jy glo reptielmense is 'n moontlikheid dan is dit sekerlik 'n stelling wat bevraagteken kan word hoe diep dit ook al gaan in die gekkegrens. 
     
    Ek neem kennis van die Jonathan Haidt en is bekend met sy werk in die algemeen en is dit dus nie nuut as sodaning nie en is ek volkome bewus van die verloop van Haidt se argument. 
     
    EO Wilson is ook 'n verwysing wat gevolg kan word om die biologiese aspekte van morele uitlewing te ondersoek. 
     
    Die uitdaging met hierdie onderwerp is groots en is die realiteit dat dit volgens 'n verskeidenheid van roetes ondersoek moet word. 
     
    Charles Taylor, filosoof se argument is weer dat weens die Roomse Kerk se magtige rol tot en met die 1500's het grootliks die moderne waardes geskep en so die norm daar gestel. 
     
    Peter Singer se argument van die "expanding circle" is nog 'n rigting wat ondersoek kan word. 
     
    Steven Pinker se nuutste werk bied ook 'n uiteensetting van die proses gevolg wat die vreedsame bestaan van vandag moontlik gemaak het en fokus sy argument op rasionaliteit. 
     
    Daarom, hierdie is een komplekse gesprek en is ek nie seker hoe om dit begin opbreek in kleiner porsies nie. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
     
  • CorneliusHenn

    Hallo Wouter,  

    Soms kry ek tog die gevoel dat in ons in 'n mate vorder.   Wyl die onderwerp hier die historie van die menslike moraal is, wil ek graag die volgende opklaar ten einde dalk meer sinvolle rede met mekaar te voer. 

    Ek beskou dit nie as my taak om jou en andere soos Kobus de Klerk se begripsvermoë in taal te remedieer nie.  

    Dis wel waar dat, juis jeens my respek dat elkeen by 'n verskillende mylpaal in die lewe is ek die voorstellings in my bydraes op die werf in 'n groot mate oorvereenvoudig. Ek kan my nie as meewarig in die een of ander kompleksiteit wil voorgee nie. 

    Wanneer ek jou en Kobus as "aprioristiese intellektualiste" beskryf, gebruik ek my Moedertaal om julle manier van argumenteer op die akkuraatste dog eenvoudigste manier te beskryf. 

    In jou woernaal hierbo tik jy onder meer: "Al my verskille met jou was werklik omrede daar verskillende alternatiewe volgens my oordeel bestaan wat in teenstelling is met die stellings wat jy hier gemaak het. Indien jy glo reptielmense is 'n moontlikheid dan is dit sekerlik 'n stelling wat bevraagteken kan word hoe diep dit ook al gaan in die gekkegrens."  

    Wouter, dis genadiglik 'n gegewe werklikheid dat daar 'n opsie in menige faset van menswees bestaan. Elkeen het 'n keuse wat hulle wil aanvaar en ervaar.  

    Jou neerhaling "hoe diep dit ook al gaan in die gekkegrens", is die stok in die wiel.  

    Die woord "aprioristies" is 'n beskrywing van jou gewone soort afhaal hierbo.

    Wyl jy jouself ewe skynheilig voorgee as vrydenkend, val jy jouself in die rede met 'n vooraf opgevatte en uitgeredeneerde beskouing dat iets die "gekkegrens" betree. Dit impliseer vanselfsprekend dat jy die een of ander meewarige dogma aanhang. 

    Nou ja, welke reptielmense 'n werklikheid vir my is al dan nie, in my breedgesindheid luister en lees ek graag met die hart dat as 'n ander dit glo, ek dit minstens as geloofwaardig sal respekteer.  

    Iets wat ek as sodanige vrye agent self as waar beleef, is geloofsvertroue in ons almal se Almagtige Lewende Skepper. Dis egter nie vir my om myself daarin te onderskei nie, maar om my medemens mee te dien - nes dit op 'n manier in Jonathan Haidt se "stairway to heaven" beskryf word.  

    Ek het ook absolute geloofsvertroue dat alhoewel ons religieuse aard iets geneties is, GOD self ook belewenis in ons harte skep - wanneer en hoe dit GOD behaag. Daarom neem ek soveel aanstoot omtrent Kobus de Klerk se meewarige verdienstelikheid omtrent sy geloof.  

    Wouter, ten einde enige redevoering te vlot moet jy minstens jou vooraf opgevatte idees vir jouself hou. Sodoende gaan jy nie net baie onaangenaamheid spaar nie, jy gaan ook baie leer. Ons het almal iets bymekaar te leer. Dis my vreugde op die werf en ek het al ligjare by menige bydraer hier geleer ...  

    Naas, dankie nogmaals  vir jou sinvolle bydrae hierbo wat die trein so amper weer op sy spoor bring.  

    Cornelius

  • CorneliusHenn

    Wouter, ek moet ook net noem dat daar 'n groot verskil tussen "geloofwaardig" en "geloofsvertroue" is.  

    Geloofsvertroue is empirie terwyl "geloofwaardig" iets is wat jy uit respek vir jou medemens aan hul oortuiginge koppel.  

    (Net so ter syde; weet jy dalk hoe "download" 'n mens genestelde video van werwe soos CNN en elders? Ek het wel 'n "downloader" vir YouTube, maar sou graag Jonathan Haidt se lesing op my hardeskyf wou bewaar). 

    Groete,
    Cornelius

  • Hello Cornelius, 

     
    Die videos van CNN en soortgelyke webwerwe kyk ek die video op die webwerf en dit is dit, aangesien ek werklik ook verkies om die video of audio ook te hou op my hardeskyf vir latere en gedurige gebruik, maar dit is nie altyd moontlik nie. 
     
    Die manier hoe ek dit hanteer het is deur uiteindelik ITUNES te gebruik het en om op 'n verskeidenheid van instellings se vrystellings in te skryf. Die meeste is gratis, maar Charlie Rose, The New Yorker, moet jy voor betaal.
     
    Dan weekliks laai ek al die audio en video wat die week beskikbaar gemaak is af en so bou ek 'n biblioteek op van media bestaande uit audio en video.
     
    Wat ek al opgemerk het is dat Real Audio, indien die gelaai is op jou rekenaar, jou toelaat om die video soos dit op CNN speel af te laai in 'n tydsduur wat gelykstaande is aan die program wat gevolg word.
     
    Die Haidt waarna jy verwys het, het dus my weg gekom deur TED Talks en Royal Society of the Arts waarop ek ingeskryf is. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
     
  • Hello Cornelius, 

     
    Vooropgestelde idees die het ek sekerlik en is die gebreke in my ondersoeke na die waarheid legio, maar daar kan vergoed word daarvoor deur bewus te wees van die lokvalle waarin die mens beland in die ondersoek van die werklikheid om sin te maak van die waarheid. 
     
    Waar ek nie skiet gee nie, is dat die werklikheid kompleks is en gereeld is die versugting in my eie gemoed dat nie alle aspekte in oorweging gebring is wanneer 'n onderwerp hier en elders bespreek word nie. 
     
    Daarom is die gevoel dat nog meer inligting moes in berekening gebring word, voor die onderwerp onder bespreking werklik tot sy volle reg te bring. 
     
    Net so met die bespreking van moraliteit en etiek. 
     
    Die lys van skrywers is 'n manier om die argumente wat oor die onderwerp bestaan op 'n manier te begin plaas en deur die verskillende ontledings van die onderwerp te werk. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • CorneliusHenn

    Dankie Wouter, die Real Audio opsie het gewerk. Ek't dit afgelaai en siedaar - my biblioteek het gegroei!

  • CorneliusHenn

    Wouter,

    Vooroordeel is elke mens op aarde se Nemesis. Ons almal staan of val daarmee. Dis waar dat deur gewoon bewus te wees daarvan, dit darem 'n mate van billikheid kan meebring. Die geheim is egter om dit vir jouself te hou en geloofwaardigheid aan jou medemens te gun ondanks jou eie gebroke menslikheid.  

    Eugene Marais het die kompleksiteit van ons werklikheid baie goed versinnebeeld in die Siel van die mier. Elke termiet sien die eenvoud van sy bydrae as iets absoluut. Elkeen dra hul korreltjie asof dit ganse kosmos is. Al tel jy 'n miertjie op en hou dit op die regte afstand van die nes, sal die mier steeds nie die komplekse geheel waarin dit so 'n belangrike bydrae lewer kan begryp nie.    

    So is ons elkeen; as jy jou simplistiese deeltjie met oortuiging dra, dan seën ons Almagtige Lewende Skepper ons in geheel. Jou bydrae is sekerlik belangrik nes elke ander se bydrae. Maar ons moet ons medemens se werklikheid (empirie) respekteer om hoegenaamd van diens te kan wees.  

    Die enigste ongeloofbaarheid in ons bestaan is waar een mens 'n ander onderdruk, wat die gronde ookal is. As jou medemens dit glo, dan moet dit geloofbaar wees. Kobus kan homself nie as beter of meer in sy geloof as die blatantste godslasteraar op aarde ag nie. Ek dink Jonathan Haidt se "stairway to heaven" dra die diens wat transendensie in geloofsvertroue wek baie oortuigend oor.  

    Die bronne wat jy deel oor die evolusie van ons moraal is verrykend. Maar ons sal nooit in der ewigheid die komplete dinamika daarvan kan omgrens nie. Dis hoekom intellektualisme faal; dis 'n oorskatting van die funksie van die intellek ten koste van ander geestelike funksies - 'n dwaalleer dat kennis hoofsaaklik op verstandelike begrip berus en nie op ervaring (empirie) nie.  

    Gewoon die feit dat niemand more reeds kon beleef of ervaar het nie, maak enige fundamentele leer van kennis ongedaan. More bring sy eie krag en energie. Daarom leef ons vandag gelukkig beperk op gister se ervaring. Die kompleksiteit van ons bestaan sal jou vergruis as jy die toekoms in die hede op jou probeer neem.  

    Jou amigo in Adam,
    Cornelius

  • Cornelius, 

     
    Die verwysing na "vooroordeel" is snelskrif vir die verskillende maniere hoe die mens se denke beinvloed word deur al die gebreke wat die mens se denke kniehalter. 
     
    Die paradoks is dan juis dat die mens bewus is van hierdie invloede en dan kan vergoed daarvoor en in die denkproses hierdie korrektiewe aksies na vore bring en so die balans herstel. 
     
    Kobus, gaan ek egter nie met jou bespreek of beaam of betwis nie. 
     
    Jul geveg is jul eie geveg en daarmee deel ek nie. 
     
    Jy moet nie vergeet van die walglike siklus briewe wat jy skaars 'n week terug oor my geskryf het nie. 
     
    Wouter
  • 'n Algemene nota: 

     
    A quick review of the long and illustrious career of Facts reveals some of the world's most cherished absolutes: 
     
    Gravity makes things fall down; 2 + 2 = 4; the sky is blue.
     
    But for many, Facts' most memorable moments came in simple day-to-day realities, from a child's certainty of its mother's love to the comforting knowledge that a favorite television show would start promptly at 8 p.m.Over the centuries, Facts became such a prevalent part of most people's lives that Irish philosopher Edmund Burke once said: 
     
    "Facts are to the mind what food is to the body.
     
    "To the shock of most sentient beings, Facts died today. 
     
    "It's very depressing," said Mary Poovey, a professor of English at New York University and author of "A History of the Modern Fact." 
     
    "I think the thing we ought to miss most about facts is the lack of agreement that there are facts. 
     
    This means we will never reach consensus about anything. 
     
    "Facts was born in ancient Greece, the brainchild of famed philosopher Aristotle. Poovey said that in its youth, Facts was viewed as "universal principles that everybody agrees on" or "shared assumptions.
     
    "But in the late 16th century, English philosopher and scientist Sir Francis Bacon took Facts under his wing and began to develop a new way of thinking.
     
    "There was a shift of the word 'fact' to refer to empirical observations," Poovey said.Facts became concrete observations based on evidence. It was growing up.
     
    Through the 19th and 20th centuries, Facts reached adulthood as the world underwent a shift toward proving things true through the principles of physics and mathematical modeling. There was respect for scientists as arbiters of the truth, and Facts itself reached the peak of its power.
     
    But those halcyon days would not last.
     
    People unable to understand how science works began to question Facts. And at the same time there was a rise in political partisanship and a growth in the number of media outlets that would disseminate information, rarely relying on feedback from Facts.
     
    "There was an erosion of any kind of collective sense of what's true or how you would go about verifying any truth claims," Poovey said. 
     
    "Opinion has become the new truth. And many people who already have opinions see in the 'news' an affirmation of the opinion they already had, and that confirms their opinion as fact.
     
    Gary Alan Fine, the John Evans Professor of Sociology at Northwestern University, said: "Facts aren't dead. If anything, there are too many of them out there. 
     
    There has been a population explosion.
     
    "Fine pointed to one of Facts' greatest battles, the debate over global warming.
     
    "There are all kinds of studies out there," he said. 
     
    "There is more than enough information to make any case you want to make. 
     
    There may be a preponderance of evidence and there are communities that decide something is a fact, but there are enough facts that people who are opposed to that claim have their own facts to rely on.
     
    "To some, Fine's insistence on Facts' survival may seem reminiscent of the belief that rock stars like Jim Morrison are still alive.
     
    "How do I know if Jim Morrison is dead?" Fine asked. 
     
    "How do I know he's dead except that somebody told me that?"
     
    Poovey, however, who knew Facts as well as anyone, said Facts' demise is undoubtedly factual.
     
    "American society has lost confidence that there's a single alternative," she said. "Anybody can express an opinion on a blog or any other outlet and there's no system of verification or double-checking, you just say whatever you want to and it gets magnified. It's just kind of a bizarre world in which one person's opinion counts as much as anybody else's.
     
    "Facts is survived by two brothers, Rumor and Innuendo, and a sister, Emphatic Assertion.
     
    Ek glo nog, onskuldiglik, dat die feite bevestig kan word, en dat nie alles net 'n mening is en almal 'n "waarheid" het wat respekteer moet word.
     
    So moeilik soos dit ook al mag wees. 
  • CorneliusHenn

    Wouter,

    Ek het nie my mening omtrent jou verander nie. Inteendeel, jou gesindheid was net aanvanklik veel beter en 'n mens kon amper rede met jou begin voer. Maar lees gerus self jou ongeloofwaardige veronderstelling hierbo waarin jy weereens spoeg&blerts dat die sop spat net om die feit omtrent elke mens se empirie op jou "onskuldige" manier te probeer onderdruk. As jy bepaalde werklikhede omtrent jouself as walglik wil beskryf is dit natuurlik jou saak.

    Steeds jou amigo in Adam,
    Ekke

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top