Skeerproses van die lewe

  • 5

 

Soms gaan die mens deur ‘n skeerproses wat nie altyd lekker is nie. In die veld van die lewe moet ek goeie gesonde kos eet. Opgevoed word om tussen soetgras en onkruid te onderskei, tussen giftige blare en gesonde voeding. Ook hoe om tussen vals en ware stemme te onderskei.

Dit verg beoefening, want seisoene verskil van mekaar ...

Trienie

  • 5

Kommentaar

  • Chris Dippenaar

    Trienie, as jy iets 'profeties' kwytraak moet jy maar altyd na die tyd gaan seker maak dat dit sinvol is.

    Om te onderskei tussen goed of kwaad, beter of slegter, slimmer of dommer, is deel van elke aspek van menswees. As ek 'n eier wil eet vir ontbyt is dit altyd beter om dit nie met my oor te probeer sluk nie. Wat jy hierbo 'profeteer' is nie oorspronklik nie, nie verskriklik diep nie, en dan slaag jy ook daarin om dit heeltemal te verongeluk met: "want seisoene verskil van mekaar ...". Een van jou juwele ... soos beskryf deur George? Is dit wat gebeur wanneer iemand teen wortels, in plaas van takke, uitklim?

  • Kom nou Mr Chris, probeer weer. Lees weer en dink bietjie dieper - wat sien jy. Of nog beter, wat verstaan jy onder 'profeties'? Want sinvol en profeties asook filosofie verskil hemelsbreed van mekaar ... As jy blomme vir jou vrou koop kom dit uit jou hart of uit die kognitiewe? 

  • Chris Dippenaar

    Trienie, dis nie nodig om jouself te knoop in verontwaardiging nie. Dis mos baie duidelik dat jy jeuk om jou gawe van profesie hier op LitNet te plak. Die fortune-cookie-wysheid-bydrae van jou hierbo is tog mos net 'n aanloop, nie waar nie?

    As ek jou nou reg verstaan is profesie glad nie sinvol of filosofies nie? Wat is dit dan en wat het dit te doen met blomme koop vir my vrou? Jy sal moet verduidelik, want ek kan geen sin maak uit jou reaksie nie. Hierdie onsinnige snert van jou werk dalk in jou kerk waar dit kompeteer met glossolalia-baba-praat, maar hier op LitNet kom dit oor as naïef en effens onnooslik.

    Terloops, wat het gekom van jou voorspelling (profesie?) vir jou koerantman?

  • Kobus de Klerk

    Twee reaksies dusver op Trienie se sinvolle, baie relevante en diepsinnige deeltjie hierbo. Die een van die kil, insiglose ateïs wat sy spiritualiteit verloor het en die ander van 'n gelowige mens wat nog al die Godgegewe menslike fakulteite in pag het, veral die spirituele.

    Ons sien dat die ateïs heeltemal uit sy liga is en die geleentheid aangryp om eerder bitsig en kwetsend te wees om sy onbeholpenheid met daardie kosbare stukkie van Trienie te probeer verberg en dan ook weer, sekerlik omdat dit hom self diep raak omdat hy ook, soos ander, deur die skeermes is en steeds in die winter van sy lewe is, maar steeds nie kon leer hoe om tussen die soetgras ne die onkruid van die lewe te onderskei nie, en met die onkruid omgaan asof dit al is wat vir hom oorbly.

    Dan die kontras met die kort en bondige kommentaar van die gelowige persoon wie onmiddellik die diepe trefkrag en waarde van dit wat Trienie met ons deel,  kon insien en kon aanneem.

    Is dit nie tragies om te sien hoe die agnostisisme, die ateïsme, die mens stelselmatig soos 'n verterende kanker stroop van alles wat waardig en waardevol is - waarvoor nooit met geld betaal kan word nie - totdat daar letterlik net 'n kletterende dop oorbly, nie.

    As die ateïs in daardie toestand wel blomme vir 'n ander koop, is dit bloot om is in ruil daarvoor te ontvang wat hom beter sal bevoordeel. Die Liefde-hart is nie betrokke nie - die hart is vol swart duisternis en die dood, want soos die HERE sê - en soos ons dit keer op keer ook sien - waar die hart van vol is, loop die mond van oor ... Bittergal, nuttelose voedinglose kots, in die geval van die ateïs.

    Kobus de Klerk

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top