Jou haat teenoor gays wys duidelik daarin dat jy hulle vergelyk met moordenaars, verkragters en diewe. Hoe Christelik van jou!
Dit is júlle wat te dom is om te verstaan. Die meeste gays het nie gekies om so te wees nie. Maar miskien ly jy ook aan spirituele intelligensie, soos ek nou verstaan met daardie klerk die geval is.
Want hoe kan jy eintlik weet dat iemand dit gekies het? Die een ware God weet inderdaad, en hy skaam vir julle en die bybelverse wat gays veroordeel.
Ek sing graag met die gays: "We shall Overcome".
Heiden


Kommentaar
Heiden,
Dit is ongelooflik hoe jy en ander, homoseksualiteit probeer regverdig deur God en Sy Woord daarby in te sleep. Jy is vining om mense wat jou vermaan en tereg wys (soos Skalla, Kobus, Henry, ens.) júis deur Woord gestaafde verwysings in die Ou én Nuwe Testamente, uit te kryt as haatlik, nydig en dies meer! Dit is Nie Skalla, Kobus, Henry, ens. wat homoseksualiteit (en spesifiek die beoefening daarvan) vergelyk met moordenaars, ontvoeders, leuenaars, ens. nie! Dit staan onomwonde en duidelik in die Woord van God en dit is God Self wat die beoefening van homoseksualiteit belet en dit as ’n sonde klassifiseer – en ons almal weet God haat sonde! Indien jy nie die eerste keer opgelet het nie, gee ek weer Woord verwysings in die Nuwe Testament - Rom. 1:18-32 en 1 Tim. 1:10-11, waar daar duidelik aangedui word dat die beoefening van homoseksualiteit in stryd met die gesonde leer is – dié gesonde leer is in ooreenstemming met die evangelie van die heerlikheid van die goeie God! Wat verstaan jy en jou trawante nie? Deur te beweer dat God mense as homoseksueel skape is júis Godslasterlik omdat jy/julle daardeur beweer God maak foute en weerspreek Homself in Sy Eie Woord – hoe arrogant, lasterlik en bespotlik is sulke “indirekte” opmerkings!
Ek weet regtig nie wat jy glo of nie – maar pasop dat jy nie God se Liefde beklemtoon ten koste van God se Heiligheid nie! Jy kan nie beweer dat Woord uitgewysde sondes OK voor God is en dit dan “toeverf” met “God is Liefde en Hy sal vergewe nie”! Nee-nee, God vereis onverdeelde trou én gehoorsaamheid aan Hom! Ja-ja, God verstaan beslis dat ons stofmense is wat dikwels struikel, maar Hy het ook die uitkoms en redding vir ons bewerkstellig deur Sy enigste Seun, Jesus Christus die Here, en ons durf nie God se genade misbruik om te volhard in sonde nie! Skrik wakker – dit gaan nie oor haat en nyd nie – dit gaan oor reg en verkeerd én bowenal die verheerliking van God, dienooreenkomstig die Waarheid – die Woord van God – die Bybel, wat ’n mens óf aanvaar as die enigste en volle Waarheid óf verwerp. Jy kan nie die Woord van God gedeeltelik aanvaar, waar en wanneer dit jou pas nie!
Terloops, selfs jou homoseksuele pêl en erkende ateïs, Jaco (hoe verdwaald en nêrens sy argumente ook al is), herken darem nog hiérdie Waarheid in die Woord van God!
Ek kan amper vra: “Heiden, hoeveel oningeligte, selfregverdigende en onnosele skrywes nóg van jou kant af?”
Dolf
Heiden, so terloops, jy moet sing "Ons sal oorwin". Hoekom die Engels? Daar is baie gevalle waar gevatte Afrikaanse sinsnedes in Engels vertaal is en naderhand gebruik die Afrikaanssprekendes die Engelse weergawes (nou nie dat hierdie ene een is nie, ek sê maar net).
En ja, ek stem saam met jou - gays het nie gekies om so te wees nie en dit is onchristelik om hulle te veroordeel.
Selah Jan!
Jan Rap,
Om iemand tereg te wys is nie veroordeling nie en help in elk geval so 'n persoon eerder as hom te los om te volhard in sonde. Met jou redenasie beweer jy, dat, waar God in Sy Woord sê dat Hy leuens (as voorbeeld) haat - jy nie 'n persoon wat lieg, moet vertel dat hy moet ophou lieg nie omdat God dit haat, anders veroordeel jy hom? Hoe onnosel is dit? Hoe gaan so 'n persoon ooit weet wat reg en verkeerd is as niemand hom gaan vertel en hom op die regte pad probeer help nie? Leer jy nie jou kinders (as jy het) wat reg en verkeerd is nie, omdat jy glo jy veroordeel hulle, indien jy hulle sou teregwys?
Verder, indien so 'n persoon dan kwaad raak en die persoon wat hom teregwys, uitkryt as 'n veroordeellaar, is dit eenvoudig 'n kwessie van hardkoppigheid en eie wil van die tereggewysde persoon se kant af en so propeer hy dan sy wandade (sonde) ook selfregverdig.
Verstaan eers wat werklike en ware gelowige christenskap beteken en is, voordat jy van onchristelik praat. Die woorde wat jy eerder, in jou laaste sin hierbo, moes gebruik het is: "onwêrelds" en nie "onchristelik" nie - en "tereg te wys" en nie "te veroordeel" nie. En ja, gay IS 'n keuse - God maak nie foute nie!
Dolf
Fiktiewe Dolf (aka Kobus)
Jy is skoon domastrant en vermetel om vir jouself die reg toe te eien om ander volwassenes tereg te wys. Dink jy vir enige oomblik enige regdenkende persoon steur hom enigsins aan jou teregwysings? Die persoon is geen kind nie, soos in jou insiglose voorbeeld aangegee. Wat dit op neerkom is veroordeling van die ander persoon, in hierdie geval Jan Rap wie jy insinueer nie Christelik optree nie.. Jy hou jouself verniet voor as die "ware" Christen. Jy praat en handel glad nie soos enige ware Christen nie, maar eerder soos die listige en giftige slang wat Satan met God verwar.
Jaco Fourie
Jaco,
Van watter “ware Christen en Christenskap” praat jy? En na watter “God” en “satan” verwys jy? Dié wat jy nie erken, glo en geen kennis van het nie, óf dié wat jy nie erken, glo en geen kennis van het nie, óf dié wat jy nie erken, glo en geen kennis van het nie?
En nog steeds dring die dwaasheid, insigloosheid en onnoselheid van jou leë argumente en redenasies, nie tot jou deur nie!
Dolf