Die Romeins-Griekse kerk se bybel vertel dat skaapwagters en 'wyse manne' die pasgebore Jesus besoek het met geskenke.
Ander Messiasse uit gode verwek en uit maagde gebore van ander tye het dieselfde besoeke gehad.
Toe Confucius gebore is in 598 vC het vyf sulke wyse manne hom besoek. Volgens die geskrifte van daardie spesifieke messias was hemelse musiek gehoor en engele was teenwoordig by die geboorte. Confucius het toevallig ook twaalf dissipels gehad, nes Jesus.
Nog 'n messias, Chrisna, die agste Avatar van Indië is in 1200 vC gebore. Volgens hul 'inspired penman' was hy besoek deur profete, daar was 'n koor van engele en hy was omring deur skaapwagters. Hy was geskenke van wierook, mirre en goud gegee.
Aan Maria, volgens die kerk is gesê "blessed art thou among women". Aan die moeder van Chrishna is, volgens die Hindoe-bybel (die Ramayana) gesê "O favoured among women, all nations shall have cause to exult".
Die Ramayana sê ook dat Chrishna se ouers se begrip oopgemaak is sodat hulle verstaan het dat hy die behouer van die wêreld is en hulle het hom begin aanbid. Amper soos die ouers van Jesus, die skrywer van die boek Lukas sê dat Jesus hul verstand oopgemaak het.
Argeoloë het 'n silwer bord in Indië gevind soos in die New York Correspendent in 1828 berig was. Gegraveer daarop staan dat toe die Budha Sakis gebore was in 600 vC is hy beskryf as die messias en redder wat 'n nuwe geloof sal stig, die Nuwe Verbondgeloof. Die ooreenkoms met Jesus is duidelik.
Progress of religious ideas vertel dat ook Socrates by geboorte deur "wyse manne uit die Ooste" besoek is en hulle het geskenke van goud, wierook en mirre aan hom gegee. Pliny en Aristoteles het ook vertel dat Zoroaster van Persië geb 6000 vC ook deur sulke wyse manne besoek was.
Die "wyse manne" genoem "magi" en "magicians" was towenaars nes die Egiptiese towenaars wat deur Moses uitgestof was. Dis vir my opmerklik dat die Romeins-Griekse kerk voorhou dat die geboorte van die langverwagte messias aan hierdie heidene bekend gemaak word, maar nie aan die volk wat regdeur hul bestaan op hom gewag het nie. Dieselfde kerk wat hierdie towenaars "wyse manne" noem en die skrifgeleerdes "dwase" en "adders" noem.
Hoekom is daar so baie parallelle tussen die Romeins-Griekse kerk se messias en die messiasse van verskeie heidense gelowe? Mettertyd sal ek seker meer leer.
Duitswester


Kommentaar
Duitswester, jou verwysing na 'n “Romeins-Griekse kerk” en bybel is nie vir my duidelik nie. Ons weet almal van die Rooms Katolieke Kerk, wat vandag die grootste christelike kerkgenootskap in die wêreld is en waaruit die protestantse kerke ontstaan het. Daar is ook 'n Grieks-Ortodokse Kerk wat eeue gelede van die Roomse Kerk afgeskei het, nadat die verskille tussen die westelike en oostelike Katolieke, wat oor 'n ontsaglike gebied gestrek het, onoorbrugbaar groot geword het. Die kerk in Rusland is 'n deel van die Grieks-Ortodokse Kerk. Uit die lang geskiedenis van hierdie kerke was daar verskeie bybels. Na watter kerk(e) en bybel(s) verwys jy? As jy met “Romeins-Griekse kerk” almal insluit is dit net te vaag om die basis van 'n gesprek te vorm.