Sjinese horoscope

  • 2

Ek sit annerdag so met halwe oplet die Sjinese se "horoscope" en betrag. Die prentjies was heel fraai geteken. Kunstige spulletjie, die Sjinese. Hul "tekens" is ’n kat, os, tier, haas, slang, perd, bok, aap, hoender, hond, vark en ’n draak.

Nou die mini dieretuin is als goeters wat ons nog in die omte te sien kry, behalwe die draak. Nou is my bepeinsing so, hoekom is dit alles goed wat nog bestaan, behalwe die draak? Alles diere wat deur mense gesien is, behalwe die draak? Die draak se jaar, maand ens is ook nie spesiaal nie, dit is maar net nog ’n dier in die "horoscope".

Nou reken ek dit is dalk omdat toe die "horoscope" aanmekaargesit was, was daar nog dinosaurusse op aarde. Die Sjinese het hulle gesien.Ongelukkig het die ridders op hul wit perde al die Dinosaurusse doodgemaak. Hulle het seker gedink dis drake.

Die drake het rondgeloop voordat die Sjinese so baie kameras gebou het, so ons het nie juis foto’s nie, maar die ridders op hul wit perde wou darem iets gehad het om mee te spog.

Taxidermie was doerietyd nog nie eens ’n woord nie, so die trofees het nie juis lank gehou nie. En soos ons die Sjinese ken eet hulle alles, so die verslaande draak het sommer chop-chop op ’n bakkie rys beland.

Maar gelukkig was daar ouens wat op brons plate kon griffel en op klippe krap totdat daar ’n prentjie was. So het een ridder toe ’n brons foto in die 15de eeu huis toe gevat, dit hang in ’n kelder in ’n Engelse katedraal. ’n Ander kunstenaar/klipfotograaf het ’n foto gelaat teen ’n muur in die Ankor Wat in Kambodia.

Nou hoor ek die Evolusie-kerk skrou hewig dat dit dit "memories" is wat ons oorgehou het van ons eie privaat oerouers. Dit werk so, die oermens het die goeters gesien en daai ’memories" karring aan deur ons gene sodat ons dit vandag nog kan onthou. Maklik, nê? En natuurlik is hierdie verduideliking erg wetenskaplik ook.

Ek reken dis ’n pot kak, maar nou-ja, ek is nie ’n wetenskaplike nie. 

Duitswester

  • 2

Kommentaar

  • Dit het my ook al die jare laat wonder, waar die idee van die draak vandaan kom.  Hulle is bekend oral in die Ooste en die Weste is ook vol stories van ridders wat drake doodgemaak het.  Het die Westerlinge by die Oosterlinge gehoor van drake?  Indien dit die geval is hoekom is daar nie nog sulke fiktiewe diere by die Sjinese oorgeneem nie?  As dit is oor die Sjinese nie nog fiktiewe diere het nie, hoekom dan nie?  Hoekom net die draak?

    Sou mens 'n ding kon kry wat vuur spoeg?  Seker moontlik as mens daaraan dink dat 'n oogpister 'n kokende straal vloeistof kan 'spuit'.

    Nog 'n raaisel is die pyl-en-boog.  Die Khoi-San, Sjinese, Europeërs, en Amerikaanse rooihuide (en ek is seker daar is nog) het die boog as jag- en oorlogswapen gebruik.  Wie was eerste, wie het dit by wie gesien? Of is dit eenvoudige genoeg om elke keer heruitgevind te word?  Indien dit die geval is, hoekom het die Australiese inboorlinge dan nie eerder die boog as daardie aero-dinamies hoog-ontwikkelde boemerang gebruik, en die pigmeë 'n blaaspyp?

    Dan is daar nog die slingervel ook - Dawid-hulle het dit gebruik en dan ook, weer eens op 'n ander kontinent, die Az- en/of Tolteke en/of die Maja's (so tussen die kalendermakery deur).  As dit 'n logiese uitvindsel is, hoekom het die Rooihuide, die Khoi-San en die  Australiese inboorlinge dit nie ook gebruik nie?

    En hoekom toor die Rooihuide op dieselfde manier as die Afrika-swartes, wie't by wie geleer?

    Baie interessant.  Ek hoop tog die Yljins het videomateriaal van ons hele geskiedenis.  Eerste ding wat hulle ons moet wys as ons hulle eendag raakloop.

  • Ek dink nie 'n draak kon vuur spoeg nie, dalk het sy asem net verskriklik gestink, soos 'n lokasiebrak.

     

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top