Cornelius,
Ek hoop jy skrop lekker daar in die bos, en verder hoop ek dat die Here aan jou sal verskyn en dat jy in die stilte Hom weer kan vind. Ek wil nie reageer op die dinge wat jy in jou brief aan Kobus de Klerk kwytraak nie.
Daar is egter een ding wat my altyd opval met jou briewe, en ek sal baie graag 'n paar antwoorde wil hê daarvoor. Jy eindig altyd met 'n elle lange paragraaf waarin jy verskeie gode se naam in een gebruik.
'n Ruk gelede het jy my nogal erg aangevat toe ek genoem het dat God nie ons Moeder is nie, maar ons Vader. In jou Sjalom - brief, eindig jy toe met die bekentenis dat God ons Pater (Vader) is. Hoekom nou die skielike verandering? Ek is baie bly dat jy God nou as jou HERE en Vader aanvaar, en wil jou daarmee geluk wens.
Kan jy egter net verklaar wat jy bedoel met LOGOS en I?soûs. Ek neem aan dat I?soûs, Jesus beteken, maar hoekom dit nie in Afrikaans getuig nie?
Groete
Aletta

