Sjaka en Zuma se opvolgstryde

  • 0

Beste Elbe

Shaka was ook gewikkel in opvolgstryd, en is uiteindelik vermoor.

Daarna was Dingaan in opvolgstryd gewikkel, wat gelei het tot die eerste Zoeloe-burgeroorlog. Pretorius het Mpande se kant gekies en hom na Bloedrivier en Maqongqe gekroon. Uiteindelik is Dingaan vermoor.

President Mbeki was gewikkel in opvolgstryd – hy wou president van die ANC bly – en ’n party-staatsgreep het binne die ANC plaasgevind, genaamd die Polokwane-rewolusie.

Alhoewel Zwelenzina Vavi verlede jaar tydens die voortdurende opvolgstryd verwys het na sluipmoorde in die ANC met die doel om politieke opponente te elimineer, laat my toe om te sê dat President Zuma glad nie vermoor gaan word nie. President Zuma het baie sterk bande met die geheime intelligensiedienste van Suid-Afrika, en ek glo ook dat hy baie goed beskerm word deur betroubare personeel.

Hier is "iemand met die finale sê" se seker natuurwette soos dit geskape is:

1. Daar sal opvolgstryd wees.
2. Dit hoef nie in moord te eindig nie, maar kan lei tot burgeroorlog.

Die ANC vier nou sy 100ste verjaarsdag te midde van ’n onophoudelik eskalerende opvolgstryd. ’n Akkurate metafoor vir die huidige situasie is waarskynlik die volgende: ’n politieke atoombom toegedraai in pragtige geskenkpapier te midde van ’n lekker partytjie en feestelike atmosfeer.

Onder sulke moeilike omstandighede is politieke opponente in Suid-Afrika geneig om etniese magsbasisse te mobiliseer, byvoorbeeld:

1. Die ANC-ledetal in Kwazulu-Natal is die grootste in die land, en het die afgelope paar jaar verdubbel.
2. Malema beskermhere is almal Pedi's soos Motlanthe, Sekwale en Phosa.

Suid-Afrikaanse koerantredakteurs moet by wyse van spreke hulle koppe soos volstruise in die sand steek om nie etnies-akkuraat te berig oor die nasionale en provinsiale opvolgstryd nie, want dis soos apartheid en dus polities ver verkeerd.

Die klok tik, en die Suid-Afrikaanse opvolgstryd eskaleer met toenemende komplikasies. Meeste mense is te bang om die storie in sy "bose" besonderhede te beskryf. Nietemin bly dit ’n nasionale bom wat dalk nog teen die einde van 2012 in Bloemfontein gaan ontplof.

Ek verwed my geld op tradisioneel die grootste en sterkste stam in Afrika, die nageslag van Sjaka-Zoeloe.

Groete

Ran Doodt

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top