"Sit My Buite" deur Jaques Gerhard De Villiers

  • 0

Sit My Buite

Weet jy waarom staan ek vir jou en wag?
Weet jy waarom hardloop ek deur elke donker nag
saam met jou, tel ek die dae en ure af?
Want die lewe vlieg verby
dis tye saam met jou wat ek lag

REFREIN:
Saam met jou (saam met jou)
Het die lewe soveel kleur gekry
Saam met jou (saam met jou)
Het die wêreld weer verander
in ? plek waar daai drome kan lewe
En ek hoop jy weet jy’s die rede
Hier is ek, saam met jou

Weet jy hoeveel kere draai my gedagtes om jou?
Weet jy hoeveel kere het my hart al begin klop net oor jou?
As jy my mis moet jy my kom haal
want die donker kruip al nader
Maar ek weet jy sal my vang as ek val

BRUG
Jy is die enigste een
Jy is die enigste rede
Jy is die enigste een
Jy is die enigste rede
En ek’s hier saam met jou

REFREIN

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top