Sirkelspore

  • 0

Foto: Canva

 Sirkelspore

kniediep in die ka(l)k
van brokkelende gesag
staan die ANC

net-net nie

op horrelpote
wat vlak sirkelspore trap
óm die donker gat
wat hulself gegrawe het
met nieherwinbare mag

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top