Sing vir my
Sing vir my van die son
Van die lied wat deur my gaan
Van groot kraters op die maan
Die steppe roofvis, as jy kon
Sing vir my, sing vir my, ja, sing vir my
Sing vir my van plantvlotte
waar paddas rustig slaap
Lui-lui kriekies hul vergaap
aan feëmusiek op potte
Sing vir my, sing vir my, ja, sing vir my
REFREIN:
Sing vir my van jou angstige liefdesroep
terwyl ek dans-dans meedoen, roep-roep
Sing vir my, ja, sing vir my, sing vir my
Sing vir my, ja, sing vir my, sing vir my
Sing vir my van die koningsarend
se tydlose geroep oor die Vaal
Gesoek: 'n bergmeerkat vir 'n maal
Met nostalgiese gesweef op die wind
Sing vir my, sing vir my, ja, sing vir my
REFREIN
Sing vir my van die koningsarend
se tydlose geroep oor die Vaal
Gesoek: 'n bergmeerkat vir 'n maal
Met nostalgiese gesweef op die wind
Sing vir my, sing vir my, ja, sing vir my
REFREIN
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.