Sing sal ons sing (tot God die dood bring)
REFREIN:
Jy moet ophou huil, my skat
ek is ook keelvol vir die eensame pad
Maar sing sal ons sing
tot God die dood vir ons bring
Ons almal sit vas op 'n stasie
waar die bene wil ingee
en die longe nie meer wil blaas nie
Wil jy van die aarde verdaag
of is die hemel vir jou te laag?
Ek is siek en sat
want die dood is besig om alles wat ons liefhet
van ons af te vat
REFREIN
Ons almal sit vas op 'n dorp
hartseer tye hopeloos te lank
Een die beste tye is hopeloos te kort
Gaan jy vir jou vyande lag
of gaan jy liewers jou polse slag?
Ek spring af van die krans
met die hoop dat ek saam met my
geliefdes in die hemel sal dans
REFREIN
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


