Sin van die lewe

  • 23

Foto: Pixabay

Ek wonder maar soms oor die sin van die lewe. Waarom is jy gebore en waarom moet jy eendag sterf? Tussen geboorte en dood gebeur soveel dinge, soms aangenaam, maar soms ook traumaties. Ek self het maar heelwat trauma opgedoen in my lewe, genoeg om party mense permanent in ’n gestig te laat inwoon. Tog het ek alles oorleef en gaan ek redelik goed aan!

Die Groot Skepper van Hemel en Aarde swyg en troos ons nie op ’n tasbare, opsigtelike manier nie. Ons moet net aanhou glo en krag en rustigheid in gebed soek. ’n Goeie, lang gebed het darem die manier om mens geestelik te versterk.

Maar ek wil graag die lewe verstaan. Waaroor gaan alles? Waarom is daar soveel twis en stryd op aarde? Wanneer kom die ewige vrede op aarde, wanneer sal die lam veilig by die leeu kan lê?

Maar jy soek die hemel terwyl jy nog aan die aarde gebonde is, waarvan jy nie maklik kan ontsnap nie. Sit in die parkie en peins oor verhewe dinge, maar dan word jou aandag afgetrek deur ’n mooi boud aan ’n oulike jongmens wat verbystap. So keer jy dadelik terug na die aardse, na die seksgedagtes wat God ook aan die mens geskenk het as wonderlike ontsnapping van al die stres – om seks te geniet.

Maar pasop! Die ou profete en priesters dreig met verskriklike strawwe as jy dit verkeerd doen. Seks buite die huwelik is taboe, om nie eens te praat van “selfbevlekking” en gay seks nie. Dis glo van die bose!

Tog, in die jare her het kerklikes mense gruwelik laat vermoor vir die geringste oortreding en het hulle wrede oorloë goedgepraat. Is dit dan nie ook sonde nie? Vandag nog word afskuwelike dade onder die vaandel van geloof gepleeg.

Wat my terugbring by my oorspronklike punt. Wat is die sin van dit alles?

Tiens Pretorius

  • 23

Kommentaar

  • Tiens, jy sal dringend gehoor moet gee aan Zorba die Griek se waarskuwing: You think to much. Jy moenie net dink nie, jy moet doen. Gaan Drakensberge toe en bekyk die wêreld vanuit 'n helikopter; koop vir jou 'n broodmasjien en bak vir jou kennisse brood; sluit by 'n skaakklub aan, en bekommer jou oor die skade wat die Berlynverdediging aan jou Ruy Lopez-opening kan doen; stig 'n voedingskema en help arm witmense; moenie net in die parkie sit en tob oor die sin van die lewe nie, kry vir jou 'n hommeltuig met 'n goeie kamera, en neem die buurvrou af waar sy langs die swembad lê. Rond die dag af met 'n klompie doppe goeie whiskey, 'n groot bord beesstertpotjie, malvapoeding, koffie, 'n goeie fliek op die TV, en dan die lekker ou bed. Vergeet van al jou sorge, moenie worrie nie, en laat al daai sondes maar vir die gelowiges.

  • Tiens,
    Die sin van die lewe? - jy's hier om jou Skepper te verheerlik.
    Terloops, die Ruy Lopez is die beginneropening. Angus vat jou met 'n 'hightackle' - eintlik sê hy jou sleg.
    Open met die Caro-Kann Ruiters en dan sien jy hoe sy Berlynmuur inval.
    Lees dan daarna sommer ook van die Ruiter op die wit perd (Op. 19: spesifiek vanaf 11 - 31) en sien in jou geestesoog hoe Angus eendag sy m.... gaan kou.

  • Tiens, As jy nou wil lekker lag om jou bedruktheid te verjaag, moet jy vir Raed-na-Gael vra om aan jou die Caro-Kann Ruiters opening te verduidelik. As jy nie 'n skaakspeler is nie, laat die lagwerk maar aan my oor.

  • Hans Richardt

    Angus, ek het destyds 'n brons skaakstel vir appel-en-ui gekoop op die placa in Athene.
    Dalk kan ons skaak speel as jy mampoer drink hier in Orania, dis nou te sê as jou oerosse dit maak oor Drakensberge tot hier langs die Grootrivier in Transgariep.

  • Tiens,
    Angus kannie vir homself dink nie. Hy moet dat iemand anders hom voorsê/wys, soos sy kleinkind. Ek verbeel my ek het iewers in die verbygaan gehoor van die kastige Berlynseverdediging. Dis 'n 'fashion' in skaak wat alweer sòò laasjaar is. Sy lagwerk is van pure senuweeagtigheid oor die Ruiter op die witperd.
    Verder dink ek dat Hans se mampoer hom bietjie verstaan sal gee.

  • Hans, kan jy vir my 'n foto van jou skaakstel stuur? Laas toe ek mampoer gedrink het, het ek ligdag langs die swembad gelê en oerosse tel.

  • Barend van der Merwe

    As die sinode klaar gestry het, dan word die wil van God afgekondig. Maar daar is ook lewe anderkant gode. Sin? Ja, die sin wat jy self vind. Dit gaan nie uit die hemel uit val nie.

  • Vir julle wat wonder oor my reaksie op Angus se uitdaging hierbo en indien Webvoet dit sal aanvaar. Eerstens is hier 'n uittreksel uit 'n skaakwebbladsy
    "Playing the Caro-Kann":
    "The Caro-Kann Defence is one of the most solid and reliable ways of meeting 1 e4. Black replies with 1 …c6, Caro-Kann Defence.
    The Caro-Kann Defence
    Unusually, this opening is named after two people, namely Horatio Caro and Marcus Kann. Caro was English (born in Newcastle-upon-Tyne) and Kann was Austrian (born in Vienna). They analysed the chess opening together, which is why it bears both of their names.
    Challenging the Centre
    As we know, it is beneficial to occupy or control the centre of the board as soon as possible. With 1 …c6 Black is inviting White to create the classic pawn centre with 2 d4, but an immediate challenge is then issued with 2 …d5.
    Challenging the centre of the board
    White now has to decide which line to play into.
    These include:
    The Exchange Variation, with 3 exd5.
    The Panov-Botvinnik Attack, with 3 exd5 cxd5 4 c4.
    The Advance Variation, with 3 e5.
    The Fantasy Variation, with 3 f3.
    White can also omit 2 d4. The most common such deviation is 2 Nf3 d5 3 Nc3, known as the Two Knights Variation."
    Die laaste stelling hierbo is die variasie wat ek gebruik het om die Caro-Kann verdediging te 'breek' - bekend as die Caro-Kann Knights, dit is waaroor Angus sy gat aflag.
    Vir julle wat 'n skaakbord het en kan skaak lees:
    1.e4 - c6: 2.Nc3 - d5: 3.Nf3 - dxe5: 4.Nxe4 - Bf5: 5.Ng3 - Bg6: 6.h4 - h6: 7.Ne5 - Bh7: 8.Bc4 - e6: 9.Qh5 - g6: 10. Qe2 - Nf6: 11. Nxf7 ! - Kxf7: 12. Qxe6+ Kg7:
    13 Qf7 #
    Soos julle kan sien is dit baie duidelik oor wat die wit ruiters doen. In skaak is daar 'n ding soos 'n "blunder". Sien julle "Grootmeester" Angus s'n? Hy't geweet van swart se verdediging - die C-K, maar nie van die 'verdediging' daarteen nie.
    Nou wonder ek wie die laaste lag.

  • Ha,ha, ha, hoe lekker lag ek nou. Waarom lag ek? Omdat Raed-na-Gael ‘n yslike krater van homself gemaak het. Laat ek verduidelik.
    Aanvanklik het ek sommer grappenderwys vir Tiens gesê hy moet hom bekommer oor hoe die Berlynse verdediging sy Ruy Lopez opening gaan verwoes. (Ek weet nie eens of Tiens skaak speel nie. Ek wou hom sommer opbeur met ‘n snaaksigheid.)
    Ewe beterweterig steek Raed-na-Gael sy neus hier in, en skep die indruk dat ek min van skaak af weet. Hy beweer dat die Caro-Kann die “Berlynmuur” sal laat val. Om sy beterweterigheid te staaf, google hy ‘n pragtige verduideliking van die Caro-Kann.
    Waarom lag ek?
    Die Ruy Lopez is ‘n skaakopening en slegs wit wat eerste open, kan dit speel. Die Berlynse verdediging is ‘n moderne verdediging deur slegs swart teen die Ruy Lopez. (-Nf6).
    En nou die grap. Ewe slim word beweer dat die Caro-Kann die Berlynse verdeding sal laat val. Maar die Caro-Kann is ‘n verdeding van slegs swart teen e4.
    Raed-na-Gael se spel is dus swart teen swart wat op ‘n skaakbord onmoontlik is. (Hoe lekker lag ek nou!!!!)

  • Hans Richardt

    Tiens, dalk moet jy en Angus daar by die Uniegebou die groepie met die kweekhuis se poging gaan ondersteun en op Meintjieskop gaan sit en besin oor sin van lewe met hul vars produkte...
    God maak nie oorlog nie, mense maak oorlog met mekaar oor hul menslike verskille, waarom moet God hul mensoorloë stop?
    Ek verstaan nie die Angus-Raed-na-gael skaakspel nie....

  • Raed-na-Gael,
    Uitstekend gevaar! Maar nou betwyfel ek jou begripsvermoë, want jy verstaan nie wat jy gegoogle het nie. Die Caro-Kann-verdediging het niks te make met die Ruy Lopez-opening of die Berlynse verdediging nie; so ook nie hoe jy kastig 'n teenvoeter het vir die Caro-Kann nie. Jy dink jy is 'n ridder op 'n wit perd, en al die tyd is dit Rocinante waarmee jy die windmeulens stormloop.

  • Hans Richardt

    Ai Angus, ek het baie hard probeer om 'n foto van my skaakstel op Rhodesiese kiaat tafel gepubliseer te kry, maar alles tevergeefs...
    Ek gee op. Ek is 'n amateurspeler en ken nie die skuiwe se benaming nie. Toe ek nog kind was, was skaak nog vermaak. Nou is goed soos Jan Taks en die geldmark die skaaktafel.

  • Toegegee Angus,
    Ek moes "rocinante" opsoek. Oulik - maar die spreekwoord lui: "Jy kan 'n perd tot by die water bring, maar nie laat drink nie." Jy herinner my aan daardie ou "nag".

  • Raed-na-Gael, jammer, ek het nie bedoel om duister te skryf nie. Ek het maar aangeneem jy is bekend met Don Quichote en sy perd, Rocinante, en hoe hy die windmeulens as vyand aangesien en stormgeloop het. Dis waar ons spreekwoord, hy het 'n klap van die windmeul weg, vandaan kom.
    Grootneus.

  • Angus,
    Nou wie het die windmeulens as vyand aangesien. Ou Don of Rocinate en hoekom sou jy in diè belangstel?
    Ek was weer die moer in vir die Silent Mariner wat die arme albatros van kant gemaak het.

  • Why are we all here? Because we are not all there. Die sin vir/van die lewe is 'n kleedrepetisie.

  • Sin van die lewe? As Tiens die vraag aan sy ouers moes gestel het, is ek seker daarvan dat sy pa die lyfbelt sou nadergetrek het.

  • Sin van die lewe? Laat oom Angus julle nou 'n ding of twee leer: die begeerte om te weet, nuuskierigheid, en eerlikheid, lê die grondslag vir die sin van die lewe. Voeg daarby selfondersoek en jy sal jou nie heeldag loop en kwel oor of die lewe die moeite werd is of nie.

  • So Tiens,
    Indien jy enige van die waardes wat oom Angus hierbo stel in jou bestaan verkeerd gekry het, is negatiwiteit jou voorland. En dan wonder jy oor die 'sin van die lewe'. Al ooit gehoor van mense met wie dit voor die wind gaan, wat wonder soos jy?

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top