Simultaan van myself
Amptenaar by die moskee,
bewaar jou gebod
Ons almal beweeg in 'n haspel
onseker rondom die woord van God
So vat die Bybel en maak vir my 'n sillabus daarvan
en merk dit met silwerbrokaat
KOOR:
Simuleer my siekte, simultaan
voor die sinisme my oorvat
Die kwaal kry vorm
en ek voel 'n storm aan die kom
Ek was nog altyd 'n swaksinnige kind
Daarom het ek my kinder-herinneringe vermink
Ek was altyd getripliseer,
troebel en verkeerd
Hoekom ek so geskape is
wou ek nog altyd weet
Word gebenedyde mense ook so behandel,
of is dit triviale genoeëns?
So oortree ek weer die veiligheidsgrens
Hoe anders moet ek dit hanteer?


