Simson en Delilah
My vingers speel met ? rooiwynvlek
terwyl jou lippe trou met die kuiltjie in my nek
Soos Simson vir Delilah s? ek "Baby
jy kan my hare knip, maar bly dan net by my"
REFREIN:
En daarin lê die antwoord
Daarin lê die pyn
Dat die donkerte nog steeds vanuit ons skyn
Jou hande is nat van my trane vang
En jy vertel my hoe ons storie sy gang gaan
Soos sy kers sy lippe in die nag aflek
Brand die leuens alweer stukke uit wat ons was
REFREIN
Mond tot mond asemhaling
Wie is die redder, wie is die sterfling?
Help jy my, of stoot jy my dieper in?
My vingers speel met ? rooiwynvlek
terwyl jou lippe trou met die kuiltjie in my nek


