Simon Petrus

  • 0

jy beitel dié rotsblok
tik-tok tot ‘n klipkop
jy vorm sy groot mond
en oë wat op sy neus kyk

jou beiteltjie bly
die kop kap
dat klip spat
en hy ore kry

dán hoor en bars hy
die nag oop

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top