
Dieselfde aand sien ek ook
die mooi ou van wie ek hou,
maar maak of ek hom nie
sien nie. Dis moeilik want
hy’t pienk tekkies aan en
almal kyk vir hom, maar ek
slaan my oë af na my skerm,
druk knoppies, lyk besig,
neem ’n foto van my voete.

