Sieners

  • 0

die futuriste se prognose is helder:

“dankie” se dae is getel
geheime word eersdaags openbaar
kopiereg en plooie en spelling
sakdoeke oudstryders aftrede die koerant
rus en vrede faksmasjiene google harde kontant

sela

teen 2050 sterf die dood uit, wis die voorspellers nou
as ons maar net, DV, tot dán uit kan hou

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top