Sien jy die gemis op my gesig?
Sien jy die gemis op my gesig?
Die verwelkheid in blomme
as hul saans gaan rus?
Sien jy die gemis op my gesig?
Sien jy die gemis op my gesig?
Hoe my liggaam na jou soek
Strate, winkels om elke hoek
Sien jy die gemis op my gesig?
REFREIN:
Ek dra jou op my hande, hemelhoog
Ek ry jou op ’n hoepel reënboog
Ek lê jou op ’n spierwitte wolk
Haal jou uit as moeilikhede kolk
Ek gee jou ’n ster vol brandende lig
Sien jy die gemis op my gesig? (x2)
Sien jy die gemis op my gesig?
Brandend van verlange is
my hart om in jou liefde te sus
Sien jy die gemis op my gesig?
REFREIN
Sien jy die gemis op my gesig?
Hoe my liggaam na jou soek
Strate, winkels om elke hoek
Sien jy die gemis op my gesig?
REFREIN
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


