Siele vir die wind
Ek is nie sterk genoeg nie
Ek het nie krag vir wroeg nie
So baie vrae jaag my
En die onsekerheid bly
Verskoon my pessimisme
Ons bly vrot van rassisme
Ek ly weens regstelaksie
Ek lag want niks is snaaks nie
Koor:
Ons verkoop
Ons siele vir die wind
En bly doof-stom-blind
Vir die skoonheid
Ons verloor
Ons harte in die stryd
En probeer net vasbyt
Aan ’n ewigheid
Ek leer ook nooit my les nie
Die stelsel gee nie bes nie
Dit verdeel en oorheers ons
Dit het ’n hart van klip en brons
Om vir jouself te lewe
Net vir status te strewe
Is so verskriklik sinloos
Maak ons so vreeslik weerloos
Koor
![]() |



