Siektebesoek

  • 0

Vir Nelia

waarom die siekes in hospitale besoek
jou weeklikse skedule aanpas
by die uur van die bedpanne

so om die bed te kuier
met die matras nog klam van ’n ander
se sterwensangs ’n vreemde skaamhaar
die virusse wat saam getrollie word gang-af

ek verkies die terug by die huis wees
 ’n gesanik oor die lewe en sy sorge
die terloopse spot met ’n siektenaam
of grappe maak oor die dood

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top