Siek
een, twee, drie, gou
almal val ’n bietjie flou
almal crack ’n bietjie op
almal wil die emmer skop
vier, vyf, ses, blêr
almal is nou bipolêr
almal sluk ’n pil of twee
besig om die gees te gee
sewe, ag, nege, gaap
almal sukkel om te slaap
almal sien ’n terapeut
childhood issues word ontleed
Refrein
Ek wil iets sê
vir die mis wat om ons is
so klein verdwyn
totdat ons
deur ’n lug vol son
getroos sal word
deur ’n lug vol son
gesond sal word
een, twee, asseblief
almal is nou depressief
almal soek nou simpatie
niks responsibility
drie, vier, vyf, ses
almal het so vreeslik stres
almal lees ’n selfhelpboek
niemand weet wat hulle soek
sewe, ag, nege, heck
almal is ’n nervous wreck
almal het ’n spanningspyn
laat dit tog net als verdwyn
Brug
Ons vloek, ons skree
ons smeek, ons bid x2
wie gaan die ding stopsit?
Refrein
Ek wil iets sê
vir die mis wat om ons is
so klein verdwyn
totdat ons
deur ’n lug vol son
getroos sal word
deur ’n lug vol son
gesond sal word
![]() |



