Hello,
Die volgende skokkende frase van Bokwerda verwys, ‘Die getal Jode wat in die gaskamers beland het is gelyk aan die getal mans wat op die maan geland het’. Komende van die persoon wat onlangs hier uitgevaar het oor die sameswering van die media en geskiedenis om hul lesers te bedrieg en te breinspoel. 'n Sentiment wat gedeel word deur Cornelius Henn, alhoewel Henn tot op datum nog nie die Holocaust ontken het nie, maar wel apartheid beskou as skadeloos en volgens word daar nostalgies terug gekyk na Apartheid deur die wat deur dit onderdruk is, sonder dat Henn moeite doen om daardie nostalgie te gaan ondersoek en net die woord mildelik hier rondgooi. So is die denke van die wat nie gebreinspoel is nie en meester samesweringteoriste is en sogenaamde vreeslose kampvegters van die waarheid is.
Dit is ongelukkig dat hierdie brief met 'n verwysing na die ontkenning van Bokwerda begin, aangesien die Shoah, so 'n gewigtige gebeurtenis is dat Shoah, Claude Lanzmann, Bokwerda nie in dieselfde asem genoem kan word. Dit toon geen respek aan die gebeurtenis van die Shoah en Claude Lanzmann. Daar sou veel eerder net oor die Shoah en Claude Lanzmann alleen wou geskryf word.
Hierdie ontkenning bring egter David Irving in gedagte. Wie kan David Irving vergeet, die berugte ontkenner wat 'n hofsaak moes deurgaan en deur die regter beskryf as “he is an active Holocaust denier, he is anti-semitic and racist; and that he associates with right-wing extremists who promote neo-Nazism” en regskoste van meer as twee miljoen pond asook 150 000 pond aan die uitgewers van Deborah Lipstadt se werke na die hofsaak deur Irving verloor is.
Indien die uitwissing gelyk was aan die aantal van persone wat al op die maan was, gaan Irving nog verder en gebaseer op die werk Fred Leuchter, wat aanvoer dat daar hoogstens net luise was wat gedood was in Auschwitz-Birkenau and Majdanek. Irving dui aan Leuchter’s se boek “totally exploded the legend” en dat die gaskamerteorie eerder agter gelaat moet word. Soos Irving in 1991 aandui, “You won’t find the Holocaust mentioned in one line, not even in a footnote. Why should you? If something didn’t happen, then you don’t even dignify it with a footnote.” en is die advies wat Irving bied aan die Joodse nasie “that they are very foolish not to abandon the gas-chamber theory while they still have time”.
Vir hierdie uitsprake word Irving beboet met 3 000 marks in Duitsland vir “defaming the memory of the dead”, maar hou vol, “there were no gas chambers at Auschwitz. I will not change my opinion.” Die regter vermenigvuldig dit tienvoudig, die tienvoudig meer simbolies as wat die 30 000 marks sou aandui.
Dit is in die omgewing van 1991, 1992, teen 1994 voer Irving aan dat hy “never adopted the narrow-minded approach that there was no Holocaust”. Irving se denke is duidelik besig om 'n verandering te ondergaan en in 1995 dat “four million were killed in concentration camps, mostly of disease”.
Die prys wat Irving vir hierdie stellings betaal, behalwe vir die geldelike aspek is enorm. Irving word verbied in sommige lande, deporteer uit Kanada en spandeer tyd in die tronk, soos Irving aandui, “life has come under a gradually mounting attack. I find myself the worldwide victim of mass demonstrations, violence, vituperation and persecution.”
Teen hierdie tyd begin Irving toegee dat daar was sistematiese uitwissing maar blameer Goebbels en is Irving se argumente nou soos volg.
“I have changed what I say because of the pressure of evidence, not because of the threats that have been applied to me. I’ve come to my own conclusions. This makes me unpopular with a lot of revisionists. I’ve not set out to be a nuisance to historians. I’m basically so lazy, I can’t be bothered to falsify. To falsify is like lying”.
Waar vind die leser Irving vandag? David Irving as die mees makabere toergids wat daar kan wees, 'n toergids by kampe soos die by Majdanek nog steeds besig om die David Irving weergawe van die geskiedenis te verkondig.
Irving by Majdanek, “no more than 50,000 people died here, a lot, but no more than were killed in a single bombing raid by British Bomber Command.” Agter Irving is daar 'n kennisgewing van die kurators, “some 78,000 died in the camp.” Volgens Irving is ‘The gas cylinders and pipes are of recent provenance. This is an air-raid shelter. These are standard air-raid blast doors’
Twee groepe besoekers ontmoet, die toergroep van Irving en ander besoekers, die ander groep is aangedaan en huilerig en in kontras tot Irving se groep.
Irving as 'n soort getuie.
Claude Lanzmann as die ander getuie is heeltemal in 'n ander klas en is die skeppende krag agter die film, Shoah, wat die getuienis van die wat oorleef het aanbied en so ook onderhoude met die wat die moordkampe bestuur het en die Poolse mense wat langs die moordkampe gebly het. Dit is 'n film bestaande uit getuienis op getuienis, die mens wat direk aan die mens wat na film kyk getuienis lewer oor die ervaring waar deur hulle gegaan het. Die film, Shoah, bestaan volkome uit die getuienis en is 'n teenreaksie teen die poging wat daar was om die Joodse nasie te vernietig en so ook die bestaan van die Joodse nasie te ontken.
Soos Lanzmann dit stel:
By exterminating the Jews, the Nazis also wanted to exterminate their memory. And remove all traces. I wanted to resurrect the dead. The accounts, the tears, the emotions of the witnesses are more authentic than historic documents -- a past that is experienced and relived. The historians who specialize in the subject never liked my film.
As vir hoekom historici nie kon aanklank vind met, die film Shoah nie:
Lanzmann ondersoek geen historiese verduideliking wat dalk die Holocaust/Shoah in historiese konteks kan plaas en moontlik kan verduidelik.
I claim that there are none. Not wanting to understand was always my iron rule. When posed the question, "why?" by Primo Levi, then a prisoner, an SS officer answered:
"There is no why here." This is the truth. The search for why is absolutely obscene.
Dan kan daar verstaan word hoekom, die soeke na 'n rede so onaanvaarbaar is, asof daar ooit 'n rede kan wees wat die uitwissing van miljoene mense kan regverdig.
Indien korrek onthou word, was daar al briewe hier wat argumenteer het dat dit die straf van God was vir die afval van die Joodse nasie aan die hand van onrusbarende tekste uit Esegiël en dan so uit die oogpunt van die berugte 'ware gelowige'.
Lanzmann gebore in Parys, 1925, was 59 jaar oud met die vrystelling van Shoah, die film, vrygestel in 1985 was onlangs weer, so vroeg soos aan die begin van die jaar, in die nuus weens die publikasie van sy memoire, “The Patagonian Hare” wat nou in Engels vertaal is, na aanvanklik gepubliseer in 2009 in Frans.
Dit het die geleentheid gebied aan Eleanor Wachtel, van CBC se Writers and Company om 'n onderhoud met Claude Lanzmann te kon voer. Daar moet fyn geluister word, dit kan duidelik gehoor word dat Lanzmann is ou man van 88 jaar en sy aksent is swaar maar is die geleentheid om 'n onderhoud met Lanzmann te kan voer 'n gebeurtenis.
Soos bekend was Lanzmann die metgesel vir sewe jaar van Simone de Beauvoir in lewe en in die kring van Sarte en praat Lanzmann daaroor ook, en is Lanzmann 'n ware heer oor die onderwerp.
Die altyd uitstekende Eleanor Wachtel se onderhoud met die effense moeilike Lanzmann kan hier gevind word. Die onderhoud is 27 Januarie 2013 vrygestel.
Claude Lanzmann Interview
An interview with the French writer and filmmaker, Claude Lanzmann. The creator of the 9 1/2 hour masterpiece, "Shoah" has written an award-winning memoir called "The Patagonian Hare".
Baie dankie
Wouter

