Sestig jare op die troon

  • 2

Van al die koningshuise ter wêreld is daar geen wat nie die verbeelding aangryp soos dié van die Engelse koningshuis nie. Niemand kan die Engelse oortref waar dit by seromonie kom nie.

Die beeldmateriaal van die rivierrit op die Theemsrivier ter herdenking van Elizabeth se 60-jarige tydperk op die Engelse troon, is uitmuntend. Die Engelse lojaliteit teenoor hulle koningshuis is benydenswaardig.

Aantreklike Prins Harry in sy “fancy” drag,  met sy machobeeld, is genoeg om enige moffie se knieë te laat knak.

Lank mag die koningin nog op haar troon sit, en van my, alle beste wense van hierdie Afrikaner moffieslet.

Jaco Fourie

  • 2

Kommentaar

  • Jaco,

    Ek wens jy wil nie jouself so afkraak nie. Jy is mos 'n volledige mens met goeie eienskappe en as jy dit doen om te skok of 'n punt te staaf, benadeel jy jouself en die saak van elke ander gay persoon.

    Groetnis

    Perdebytjie

  • Beste Perdebytjie

    Dankie vir jou belangstelling wat hoogs gewaardeer word.  Ek onderneem om dit nie weer te doen nie

    Jaco Fourie

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top