Sering voor Lydia

  • 0

in ’n dorp so swaar ge-eik
skyn
die sering gering:
’n klein nebula

pers-wit 5 punt sterre
val
tussen goue meteoriete
dalk geaborteerde mane
kyk
party nog met naelstring aan

puntenerige hoë hakkies
trippel
deur ’n gevalle heelal
hoe komies
sulke kosmiese respek

o meisies van lydia
salig onbewus van die las
onderweg

na nog ’n verveelde wysbegeerte-klas

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top