Sensus 2011 se syfers oor Afrikaans

  • 1

Volgens die 2011 sensus is Afrikaans die derde grootste taalgroepering en is dit 13.5% van die bevolking se huistaal. In die Wes-Kaap is Afrikaans 49.7% van die mense se huistaal. Hierdie is werklik indrukwekkende syfers en dit beteken dat ons as taalgemeenskap ’n belangrike groep mense is wat in terme van ons grondwet bepaald sekere regte kan opeis. Afrikaans is ook my huistaal en ek voel nogal gemaklik in hierdie groep en sien verskeie moontlikhede vir die uitlewing van al my behoeftes en strewes.

Op dieselfde dag dat hierdie syfers bekend gemaak word plaas Thys Human ’n skrywe waarin hy die Afrikaner in ’n nietige klein minderheid wil definieer. Volgens Jan Rap is die “Afrikaner” ’n amorfe begrip met geen duidelik omskryfbare definisie nie maar baie driftig daaroor dat almal wat Afrikaans praat nie Afrikaners is nie. Uit Thys en Jan Rap se betoë is die Afrikaner bloot deel van die groter versameling mense wat Afrikaans praat maar soos ek hier sit en tik is ek nie so seker dat ek wil deel wees van hulle amorfe groepie nie. Ek het nog altyd na myself as ’n Afrikaner verwys en dan is ek volgens Jan Rap beslis ’n Afrikaner maar volgens Thys beslis nie omdat ek dinge doen en sê wat hom nie aanstaan nie.

Nou hoe nou?

Afrikanergroete (Afrikaanse groete?)

Thomas

  • 1

Kommentaar

  • Thys Human (PTA)

    Ek sien jy kan wel lees, maar ek sien ook jy kan nie verstaan wat jy lees nie.

    Jy wil maar nie verstaan dat ’n gemeenskaplike taal nie ’n "volk" uitmaak nie. Dis so eenvoudig soos dit.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top