Webvoet,
Elke keer as ek die nuwe nuusbrief wil oopmaak, kom daar 'n waarskuwing op die skerm. Ek vertaal dit maar in Afrikaans ter wille van Jan Rap:
"Hierdie blad bevat 'n ongespesifiseerde veiligheidsrisiko. Wil jy voortgaan?"
Dit gaan al maande lank so en werk op my senuwees, want ek weet nie of ek 'n vuurwapen moet gereed hou as ek die e-pos oopmaak nie.
Ek hoop julle kan dit regstel.
Varkspek


Kommentaar
Hi Varkspek
Jammer jy ondervind probleme met die nuusbrief. Ek kan jou verseker dat ek volledig deur die html-kode van die nuusbrief gegaan het en daar is geen gevaar van verskuilde virusse of enigiets wat selfverdediging vereis nie.
Ek het nog nie enige ander klagtes ontvang nie. Laat weet asseblief watter program jy gebruik om jou e-pos te lees en watter anti-virus-sagteware op jou rekenaar geinstalleer is sodat ek kan ondersoek instel.
Groetnis
NaomiB
Dag Varkspek,
jy moet jou "anti-virus" goeters "tune" sodat dit nie alarms laat gil as dit sekere skrywers op LitNet raakruik nie.
Cheers
Duitswester