Waar is die mense wat altyd leesbare en interessante stories opgedis het? Ek verwys oa na Namib, oom Daan, Blou Makou, Oester, Anton B, Suikerbrood en Suurvye, Rika Viviers en baie ander gereelde bydraers.
Wat is die rede dat hulle hier op SêNet weg is? Sonder hulle is hierdie forum armer.
Enjee


Kommentaar
Beste Enjee
Ek kom ook nie meer baie hier nie, want ek mis ook daardie klomp. Die trant bly ook maar dieselfde:Kosie, Cornelius, Francois Williams en al die afgesaagde onderwerpe, waar niemand tog ander kan oortuig nie!
Ek dink ook dis vandat die nuwe formaat aangeneem is. Mense skop maar teen verandering en niks voel meer dieselfde nie. Dieselfde gebeur by die blogs.
Groete
Perdebytjie