Hello,
In teenstelling met ‘n brief van gister is my goedkeuring van RSG nie gebaseer omdat ‘n ander luisteraar ‘n probleem met RSG het nie maar wel om die volgende redes, behalwe vir die redes alreeds uitgelig in ‘n vorige brief. Soos aangedui was dit ‘n sameloop van omstandighede wat veroorsaak het dat die plaaslike radiomedia nie deur my gevolg is nie maar wel instellings soos BBC, CBC, ABC en ander voorbeelde daarvan, ‘n NPR byvoorbeeld of ‘n WNYC.
In ‘n sekere opsig kan al hierdie instellings as “liberaal” beskou word. Dit word soms gebruik as ‘n skelwoord en Bokwerda veel te skryf gehad oor die mislukkings van die hoofstroommedia en bied geen oplossing behalwe om na die rand van die hoofstroom te gaan en word hoofstroom ook ‘n tipe skelwoord.
Wat hierdie tipe van instellings dan bied is ‘n tipe “middeweg” tussen die ideologiese uiterstes en meer erns toon om nuus te lewer wat die luisteraar ingelig hou.
Dit is belangrik dat Jan sy “golden oldies” gegun word ook. Wie kan verwag dat Jan nou na Bieber moet luister?
Nog ‘n rede, is die algemene patroon van programme oor die instellings blyk ooreenstemming te toon.
Dit word opgemerk dat die instellings sal die volgende aanspreek in die verskeidenheid van programme produseer en hierdie is nie ‘n volledige lys nie maar bevestig die patroon:
Nuus.
Sakenuus.
Besprekings oor die nuus.
Onderhoude en aktuele programme.
Drama.
Kuns.
Letterkunde.
Komedie.
Godsdiens.
Film.
Vergelykend tot wat van ‘n radiostatsie verwag word, voldoen RSG suksesvol daaraan en dit was ‘n aangename verrassing.
Baie dankie
Wouter

