siza kufunda

  • 0

bidplek waarin arme agt’rbly, ’t kannie voorbly,
sonn’r spiritualiteit’s g’loof ong’loofl’k onvanpas,
des t’meer, m’t pseud’-illusie b’las, “ras”-’n-“klas”,
poog “Duiw’lspiek”-siekes euw’l onn’r lede t’v’rmy

tradisie sonn’r visie, sam’lew’ng sonn’r meelew’ng,
institusie sonn’r stut, aanbidd’rs neig na skeiding,
waaragtig onwillig, g’brek konfessioneel t’ontbloot,
voor t’gee hoop, v’rwagt’ng, op Hoop, is klaa’ dood

gees v’n ryke meer v’rarm as vlees v’n sukk’laar,
ond’rontwikk’ld inne ontwikk’l’nd’ niemandsland,
submissief, g’dweë, mant’l g’draai na krisiswinde

swaar, lat Mens Mens Self teen eie blindheid blindstaar,
net uiteind’lik t’kan funda, in Hemel se Heil’ge Koerant:
“Lewe Twee Lewe’s leefbaar’, ná aflê van eie onkunde”

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top