Hello,
In die algemeen luister ek na BBC se Radio4, Radio3 & The world service. David Attenborough het al beweer dat indien ons net die BBC gehad het, dit genoegsaam sou wees en as ‘n gereelde luisteraar wil ek dit graag beaam. Baie jare terug al het ek al die SABC-kanale gestel dat dit net die agtergrond van die oerknal bied in die ruimte gestuur 13 700 000 000 gelede opvang en die kabels van die dekodeerder geknip en is nie meer ingeskryf nie.
Soos my oorlede oupa en ouma is ek terug volkome na die radio vir ‘n hele paar jaar nou al, wat baie vervelig kan wees vir kuiergaste wat graag ‘n oog op die domboks wil hou wanneer hul kom kuier. Die domboks staan nou net as ‘n ornament, alhoewel ‘n mens jou ‘n goeie DVD veroorloof.
‘n Vriend van my het my attent gemaak van die program “Kommentaar” op RSG en het ek daarna begin luister en het dit tot fantastiese ontdekkings gevolg. Die potgooi wat RSG bied vir die meerderheid van die programme.
Nou kan “Kommentaar”, “Islam in Fokus”, die ekonomiese nuus, omgewingsake, drama, digkuns, onderwys in jou eie tyd en gerief gevolg word.
‘n Speellys van jou eie keuse en kan jy soos Jan Rap soek vir Engels op ‘n Afrikaanse radio stasie. Die laat ek maar gewoonlik gaan, want ek weet ons mix ons tale.
Die argument is egter, RSG is ‘n fantastiese stasie en die kwaliteit van hulle programme uitstekend en ek is werklik trots dat dit waaraan die BBC my gewoond gemaak het in Afrikaans beskikbaar is.
Bravo, RSG.
Baie dankie
Wouter

