SA-tronke stampvol ... nalatenskap van die Weste

  • 4

Dis 'n feit dat die Westerling tallose foute, flaters en vulgariteite in Afrika kom pleeg het, te veel om te noem ...

SA het ook nie gespaar gebly nie.

As die enkele land in Afrika met die grootste Westerse bevolking, ly ons ongetwyfeld die meeste onder die Westerling en sy korrupte en hoogs gewelddadige kultuur. Die VSA bv het 7 miljoen mense in die tronk, oftewel 20% van die wêreld se tronkpopulasie, dit terwyl die land se populasie slegs 5% van die wêreldbevolking uitmaak! Boonop is die grootste enkele beste besigheid wat jy kan doen in die VSA tans ... om jou eie tronk oop te maak!! Dis korrek, private tronke skiet op soos paddastoele, en die regering daar het die doel voor oge om binne 3 jaar sy tronkbevolking te VERDUBBEL!

DIS KORREK, TERWYL MILJOENE REEDS VROT LEWENSLANK IN DIE TRONK DAAR, DIKWELS VIR DIE ONBENULLIGSTE OORTREDINGS, WAT NIE EENS AS MISDADE GETEL WORD IN MEESTE LANDE NIE, GAAN JY LEWENSLANK TRONK TOE IN THE 'HOME OF THE BRAVE, LAND OF THE FREE!!!'

Hahaha!!

Korrigeer ... Home of the Slave, Land of the Fee ...

Dit stop natuurlik nie die manne met geld innie hanne om vir valens toe in te spring en tronke te bou dat die biesies bars nie, o nee!! Die sterre lyn op, alles val mooi in pas vir jou om jou eige tronkie op te sit.

As jy reeds so ryk is, dink net hoe vrinnelik is die plaaslike polisie nie met jou nie, en die plaaslike regter en jy deel seker warm storte daagliks, dus ... binnekort is jou tronk stampvol geprop armsaliges wat nie die R10 000 per uur advokaatfooie kan bekostig in die land van die Slawe nie, en jy kan daagliks by die R 2 000 ontvang per gevangene van die bankrot Amerikaanse regering!!

Wat 'n land, wat 'n sisteem, Karl Marx lag hom seker papie iewers in die hemel!! Laas jaar is daar blykbaar 14 nuwe tronke in die VSA gebou, en een nuwe kollege ... maar wie soek intelligente inwoners in 'n land??

In SA gaan dit ook woes, darem nie so korrup soos die Weste nie, maar nogtans losvoor in Afrika!! Hoekom nie? Ons het tog die grootste invloed van die Weste, en ons land sit steeds opgeskeep met miljoene Westerlinge ... so lees ek in VB:

Suid-Afrika het met 160000 gevangenes die grootste tronkbevolking in Afrika. Wêreldwyd het Suid-Afrika die negende meeste gevangenes in tronke.
Sbu’ Ndebele, minister van korrektiewe dienste, het op die departement se jaarlikse toekenningsplegtigheid gesê 30% van gevangenes in die land is verhoor-afwagtend. Gemiddeld 23000 gevangenes word elke maand vrygelaat, maar 25000 word terselfdertyd in die stelsel opgeneem.
Die meeste gevangenes is jong swart mans en 53000 is jeugdiges. “Daar is baie 17-jariges wat aan ernstige misdade skuldig bevind is. Hulle is skoolverlaters, ongeletterd en haweloos.”
“So wanneer mense sê hulle (misdadigers) moet in die tronk verrot, moet hulle onthou dit kos R8000 per maand per gevangene,” het Ndbele gesê.
 

Soos geseg kos dit die Yanks 200 US Dollars per dag per gevangene, maar hulle maak geld daaruit ... miskien moet ons by die Yanks loop leer?

Lyk my ons kan netnie by die Weste opvang nie ...

Francois Williams

  • 4

Kommentaar

  • Ek het twee verklarings vir die kak wat jy skryf,  jy skryf slegs as  jy boom gerook het of  jy het 'n paar van jou albasters verloor. Watter een is dit?

  • As my hel Williams. Ek los die site 3 jaar terug ...  En kyk, jy "die drol" is nogsteeds hier

  • francois williams

    Hoekom dink mense ek rook??

    Is ek 'n Afrikaner?
    Nie in my boekie nie...
    Welkom terug Bennie, bly ek het jou nie teleurgestel nie...
    Irb, hoekom skoert jy nie VSA toe nie...ek dink jy is goed genoeg vir die industriele tronk sisteem daar, ek is seker jy kan iemand laat geld maak...gaan vrot agter tralies!!
  • Sorry ou perd..... Ek is jammer, maar ek gaan jou terleurstel. Ek gaan net mooi nêrens heen nie. Anders as jy.....

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top