'n Vurige jong dame van Limpopo

  • 0

Hello,

Wie kan die debakel oor die onlangse advertensies vergeet deur 'n bekende bank?

Ook was daar beweringe dat hierdie kritiek opgestel was en nie uit die hart gekom het nie. Hierdie brief het nie as oogmerk om dit te probeer ondersoek nie.

Die inligting is doodgewoon nie beskikbaar vir die persoon op die straat nie.

Maar hierdie kan dalk 'n aanduiding gee van hoe tieners oor sekere onderwerpe voel. Die debakel oor skoolboeke is ook welbekend en gaan nie herbesoek word nie, maar daar is hierdie aspek van 'n program wat die BBC oor die onderwerp gedoen het wat ek glo moet op gereelde grondslag aan die magstruktuur gespeel word.

Die program kan hier gevind word en is dit die reaksie van die jong dame aan die einde van die program wat bly draai in my gemoed. Die hele program bied die spektrum van die woede van die jeug en laat bekommernis oor hoe die plaaslike regering funksioneer.

Gaan na die 22:26 uit 23 minute en luister na haar passie en haar sin vir regverdigheid en die gevoel laat sy ingeloop is.

Haar reaksie draai al lank in my gemoed.

Baie dankie

Wouter

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top