Louis Luyt

  • 0

Ek het die voorreg gehad om dr Louis Luyt te ken. Ek beweeg nie in daardie "kringe" nie maar het die geleentheid hom voorgedoen dat ons paaie gekruis het. Ek het hom ontmoet voor hy sy politieke party die Federale Alliansie gestig het. Ons het ure die beplanning en strategie van die party bespreek. Ons was by hom aan't huise in Johannesburg waar ons hartlik ontvang en onthaal is.

Ek het hom ervaar as eerlik en opreg. Hy het na jou insette geluister, saamgestem of verskil. Hy was oop vir oortuiging en het ieder en elk se mening respekteer.

Ek het ook 'n ander kant van die man gesien. Iemand het 'n nie-haalbare voorstel gemaak en hy het nie aan die storie vat gehad nie. Hy het dit te kenne gegee en die voorstel gemaak dat ons daaroor stem. Die ou se voorstel is toe nie aanvaar nie en het hy vir die ou gesê hy moet groet en op sy pad gaan. Sonder enige seremonie.

Hy het ook eendag die stelling gemaak: “Wanneer jy in 'n gat is, hou jy op grawe." Daar is baie mense wat hom kritiseer en verguis het sonder dat hulle die man ken. Ek weet van 'n mannetjie wat vir die Transvaalse rugbyspan gespeel het. Hy het na 'n Britse toer hier agtergebly en hom by Transvaal aangesluit. Die knaap in vandag 'n omroeper op 'n Ingelse streeksradiostasie in Gauteng. Op 'n dag is die man in 'n finansiële verknorsing en wend hy hom toe tot dr Luyt. Sy antwoord aan die man was ek sal jou nie die geld leen nie. Ek sal dit vir jou gee en sal ek aan al die ander spelers die ekwivalente bedrag gee. Ek het die knaap al vel kritiek teenoor dr Luyt hoor uitspreek.

Hy het seker baie vyande gehad, ek weet nie. Ek het al iemand gehoor wat hom afgekraak het en het toe aan die persoon gevra of sy hom persoonlik ken. Natuurlik het sy nie. Ek het toe die persoon daarop gewys dat sy verkeerd in haar opinie oor die man is en dat ek hom nie as so persoon ervaar het nie. Ongelukkig is dit so dat die hoogste bome maar die meeste wind vang. Afguns en nydigheid is aan die orde van die dag en is ek half skaam dat ons Afrikanervolkie ons skuldig maak daaraan.

Hy het diep spore getrap. Hy het seker op baie mense getrap. Sy spore het of letsels of indrukke gelaat. Op my het hy 'n indruk gelaat. Mag hy in vrede rus en sy familie berusting vind. Soos Yuri geskryf het, "wees stil daar gaan 'n groot man verby"

Reusedwerg

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top