Hierdie is sommer 'n baie beknopte vergelyking, wat enige regdenkende mens vir jou sal sê is onnodig, want daar is eintlik net eenvoudig geen vergelyking tussen die twee lande nie. Maar sekere dwase op hier die werf moet opgevoed word.
Die inligting hier weergegee kom uit die CIA se The World Fact Book, oorgesit in my eie woorde. Syfers is uit 2012.
Bevolking:
Kenia 44 miljoen.
Italië 61,4 miljoen
Interessant is dat die bevolkingsgroep 0 tot 14 jaar in Kenia 42,5% van die totaal uitmaak en daar is 31.9 geboortes per 1000 bevolking. Dit maak dit duidelik wat die vernaamste aktiwiteit in daardie geknelde land is.
Bruto Binnelandse Produk:
Kenia 76,07 miljard VSA dollar (Dit is tans nog die grootste Oos-Afrikaanse ekonomie)
Italië 1,83 triljoen VSA dollar (Ek gebruik "triljoen" soos in Engels, want ek is nie seker wat die regte Afrikaans daarvoor is nie.) In die geval van Italië is dit dus 23.67 keer groter as die Keniaanse BBP.
BBP Groeikoers:
Kenia 5.1%
Italië -2.1%
Werkloosheidsyfer:
Kenia 40%
Italië 10.9%
Inflasie:
Kenia 10.1%
Italië 3%
Ook van belang is dat Kenia steeds hulp kry van skenkerlande en gereeld aanklop by die Wêreldbank.
Ietsie oor groeikoerse:
As daar op 'n dorpie in Sjina een MacDonalds is en 'n tweede maak op, lyk dit na 'n enorme groei in die ekonomie. Maar in vergelyking met Hong Kong is dit eintlik nietig en feitlik onsigbaar.
Groete,
Varkspek


Kommentaar
Wat 'n pot snot...as jy enige iets glo wat die Yanks seg, en ek bedoel ENIGE iets, dan is jy ver verby ou perd...
Wat was die oorspronlike argument, so dat die konteks verstaan kan word?