Dit is duidelik dat uit Jan Rap se skrywes dat hy in die verlede vashaak en dat onbenullighede soos RSG hom sooibrand gee.
My skrywe laat verlede jaar het ook die negatiewe by hom ontlok waarin ek dit gestel het Afrikaanse toekoms is op bruin en swart tonge.
E-nuus het Vrydagaand ’n insetsel van ’n ATKV-seminaar gehad waarin bevind is dat die grootste hoeveelheid Afrikaans-sprekendes nie wit is nie. Dit is iets om oor te juig indien jy Afrikaans se geskiedenis en die miskenning daarvan deur wittes wat gedurende die apartheidsjare dit die taal van die baas wou maak in ag neem.
Dit is veral die groei in townships waaroor Jan moet jubel. Dit is nie net capey en tsostsi-taal, wat dialekte is, wat hoogty vier nie. Op skole ook. En veral in Soweto.
Wat egter vir my treffend was, was die ouers in die Oos-Kaap vroeër vanjaar wat met alle geweld Afrikaanse onderwysers gesoek – en gekry het.
Hulle het nie by een of ander ambassade gaan protesteer nie. Die groep wat dit gewoonlik reël het ook geloofwaardigheid verloor omdat dit nie oor Afrikaans, maar wit-belange vir hom gaan. Angryforum.
So om Afrikaans se toekoms te verseker gaan hande nog uitgereik moet word.
Maar meer belangriker is dat die gesanik van Jan geen toekoms het nie. Hy sal radikaal moet optree vir die taal – al bring dit hom aan die grense van rewolusionêr wees. Die dae van Calvinistiese optrede is verby.
Viva Afrikaans. Viva township-praters en radikale ouers.
’n Viva vir Jan wat hooplik sal besef dat hy nou elke maand ’n boek aan ’n swart skool sal skenk.
Yuri

