Hello,
Ek het geen hond in die geveg tussen Henn en De Klerk nie en nog minder in die godsdiensdebat na dese en sal eerder die beker laat verbygaan. Indien dit nie vir Henn se hutspotmaaksel was waar alles saamgevoeg word en dan aangebied word as ‘n enkele waarheid niek dan sou Henn inderdaad die beter argument gehad het in teenstelling wat De Klerk verteenwoordig, naamlik die van ‘n enkele waarheid en dan daarvolgens die enigste opsie oop vir die mensdom.
Die lesings is in 2009 aangebied en kan hier gevind word. http://www.ed.ac.uk/schools-departments/humanities-soc-sci/news-events/lectures/gifford-lectures/archive/archive-2008-2009/prof-eck/lecture-1-globalization
Lecture 1: Globalization and Religious Pluralism
Waar pluralisme bespreek word in ‘n globale konteks, die invloed van migrasie en die afbreek van grense deur die internet.
Lecture 2: The Civic Perspective: Citizens, Nations, and the Challenges of Religious Pluralism
Waar mense van verskillende oortuigings wat saamleef beskryf word en die uitdagings wat dit bied, asook wat word bedoel met ‘n nasie indien daar so ‘n vry beweging van gedagtes en mense is soos dit nou ervaar word.
Lecture 3: The New Cosmopolis: Cities and the Realities of Religious Pluralism
Waar die invloed van stede bespreek word en die volgende vrae gestel word:
What critical challenges have cities faced as they become more religiously and culturally diverse? How have these challenges been faced, negotiated?
What new forms of city life are emerging?
What new forms of religious life, including rapidly growing interfaith initiatives, are emerging in the urban environment?
Lecture 4 & 5: Religious Views of Religious Pluralism
En is veral van belang in hierdie lesing die volgende vraag:
How do some of today's thinkers and spiritual leaders articulate the dilemmas of religious "truth" and the religious other?
Hoe maak die nuwe teologie voorsiening vir die diversiteit en pluraliteit met ander woorde in kontras tot die enkele waarheid wat verskillende groeperinge as uniek tot hulself aangevoer het en die res as “afvallig” en “onkundig” afgemaak het.
Die lesings sluit af met:
Lecture 6: The Pluralism Within
Hier word grootliks verwys na die “meng en pas” in die persoon self, ‘n bietjie Boeddhisme, baie Katoliek, en afgerond met Wicca as ‘n voorbeeld.
Ek verwag dat Henn aanklank sal vind in hierdie lesing maar dat ander ook waarde sal vind in dit.
Pluralistiese groete
Baie Dankie
Wouter


Kommentaar
Wouter,
Baie dankie vir jou gedagtes hier.
Ek neem kennis daarvan en sal eersdaags daarop wil reageer.
Boeregroete,
Cornelius Henn
Hallo Wouter,
Die beste plek om te wees is in 'n ander se hart. Ek vra verskoning waar ek oordrewe skepties teenoor jou gereageer het.
Dis skakels wat jy hier vir my gelaat het is besonder leersaam en bemoedigend. Ek het al ses lesings afgelaai. Ek glo jy kan dink hoe lank ek nog daarna sal moet luister voordat ek die verryking wat ek daarin ervaar het, kan deel. Ek het reeds die eerste geluister, maar sal dit graag nogmaals wil luister!
Wouter, die simfonie orkes wat Daine Eck gebruik om pluralisme te beskryf, vertolk my beskouing en ervaring van alle Godsdiens op aarde, presies.
Persoonlik beskou ek die Evangelie van Jesus Christus as die dirigent daarvan. My beskuing of plasing van 'n dirigent is egter nie absoluut nie. Ek luister graag waar ander ook dirigeer.
God roep self getuies/instrumente sonder aansien des persoon; elkeen in hul besondere toon en klank. Daar is dus geen enkele waarheid wat my betref waarin als in 'n "hutsputmaaksel" prut nie.
Nogmaals dankie Wouter.
Cornelius Henn
Hello Cornelius,