Leon Retief het in sy skrywe waarin hy die Sê se kluitjiebakker op sy plek sit, 'n nuwe term geskep vir die kwasi-wetenskap wat in Kammaland bedryf word. Leon noem dit wetenspap en ons ander SêNetters sal hom ewig dankbaar wees vir hierdie nuttige uitbreiding van ons woordeskat. Wetenspap val lekker op die tong en die pap gedeelte van die term resoneer mooi met kluitjie in kluitjiebak. Pap kan natuurlik ook verband hou met die intellektuele spierkrag van die bedrywers van wetenspap.
Volgens 'n berig in die Mail & Guardian is wetenskaplikes dit eens dat daar op Europa, een van Jupiter se mane, gefokus moet word in hulle soeke na planete wat lewe kan onderhou. Volgens Kobus de Klerk se wetenspap bestaan dié maan nie en diegene wat beweer dat dit wel bestaan, sien bloot vuil kolle op hulle teleskope of ronddrywende astroïdes. Selfs beter as Alice dink onse Kosie meer as ses sulke stommiteite sommer voor brekvis uit!
Nogmaals dankie Leon vir jou breedvoerige antwoord wat ons wetenspaplike kluitjiebakker openbaar vir die swaap wat hy is - en natuurlik vir daai lekker woordjie.
Groetnis
Thomas


Kommentaar
Thomas,
Ek weet jou gebabbel hierbo het niks met my uit te waai nie en ek hoef ook nie vir Kobus op te kom nie (jy kyk in elk geval elke keer op jou neus wanneer jy hom aanvat - die dat jy ander so prys wat jy in jou mistasting dink "sit hom op sy plek".... haha hoe ironies!).
Maar, hoe dit ook al sy, die punt wat ek wil maak is dat jou "kommen"taar my altyd laat dink aan 'n blik vol klippe. Dit is 'n sinlose en doellose geskud-en-geskommel met geen einde in sig nie....skommel-skommel....skud-skud....skommel-skommel....skud-skud... Soveel so, dat die woord waarop jy eerder moet konsentreer en wat jou doellose geskommel en geskud beter beskryf is "wetenskapblik" of dan wetenskapblikte "verduidelikings" en/of "bewyse".
Moenie komkommer nie, ek verwag 'n ge"blikte" antwoord terug van jou....maar ek hou nie asem op nie.
Sterkte
Dolf
Dolf
Ek neem aan dat jy ook nie Jupiter se mane kan sien nie en ook meen dat die verval van radio-aktiewe isotope nie gebruik kan word om die ouderdom van gesteentes te bepaal nie. Dis g'n wonder my skrywes klink vir jou na 'n blik vol klippe nie!
Dit lyk my godsdiens tas nie net jou sig aan nie maar ook jou gehoor.
Thomas
Thomas
Sien jy nou, daar doen jy my stelling gestand ... wetenskapblik ... skommel-skommel ... skud-skud ...
Thomas, die punt is, Jupiter is presies waar GOD hom in die skepping geplaas het en alhoewel Jupiter en die ander planete vreeslik interessant is, skeel dit my werklik min. Verder is die wetenskapblikte metodes wat die ouderdom van gesteentes bepaal nie akkuraat nie (geeneen van hulle nie) - die het ons nou al genoeg van gehad en gesien. Maar soos ek opmerk hierbo ... skommel-skommel ... skud-skud ... die doelloosheid en sinloosheid van jou skrywes skommel en skud wetenskapblikkerig voort ...
Sterkte
Dolf
Siestog "Dolf", nes Jupiter en die ander planete "veeslik interessant" is jou dog min skeel, skeel dit wat in die Bybel staan en ander se aanbidding van God jou ook min - net Kobus de Klerk se verheffing van homself boesem belangstelling by jou en as Kobus de Klerk so seg, dan is dit evangelie in jou blindelingse verheffing van die Duiwel... "Dolf", krag ook vir jou in die liefde en genade van Jesus Christus onse HERE om hopelik so ook jou geheuel met die bose in jou hart te kan oorkom ...
Dolf
Dinge is nie waar of onwaar net omdat iemand so sê nie. Jou stelling dat radiometriese datering van gesteentes onakkuraat is, moet darem sekerlik ’n verwysing na een of ander gesaghebbende eksperiment insluit. Jou of Kobus se mening is ongelukkig nie genoeg nie.
Dieselfde geld jou god wat Jupiter sommer daar geplaas het en waarmee jy so tevrede is. Watter een van die ongeveer 3 000 gode het dié astronomiese mag? Hoe bewys jy dat dit jou god is wat Jupiter daar geplaas het? Dis weereens nie goed genoeg dat dit bloot jou en Kobus se menings is nie.
Kan jy die mane van Jupiter sien of aanvaar jy maar dat hulle nie daar is nie bloot omdat die Sê se kluitjiebakker so sê?
Groetnis
Thomas
Cornelius,
Ek is ín Christus volgens die Enigste Ware Evangelie soos vervat in die Woord van God, die Bybel, punt. Ek stel nie belang in allerhande “foefies” en “ander” se godsdienste nie, Nee-Nee, ‘n duisend maal, Nee!
Ek het dit al gesê en ek sê dit weer: Daar Is Net EEN Ware Evangelie – die Evangelie van God se genadeversoening in en deur Sy Enigste Seun, Jesus Christus ons HERE, soos vervat in die Bybel (God se Woord) en soos verkondig deur die apostels (wat oor en oog getuies was) en die refamotore. Jesus Christus is die Weg en die Waarheid en die Lewe en niemand kom na die Vader behalwe deur Hom nie. As jy nie Christus bely as die Enigste Verlosser en Saligmaker nie, het Sy Kruisdood en Opstanding vir jou Geen betekenis nie!
Jy praat van “ander se aanbidding van God”. Van wie praat jy? – as jy praat van moslems se aanbidding van Allah (asof dit God is) of boeddhiste se aanbidding van Boeddha (asof dit God is) en hindoes se aanbidding van hul 3 hoofgode (asof dit God is) en dies meer, sê ek nou vir jou jy verloën Christus en beteken God se genadeversoening in en deur Hom vir jou niks nie!
Dus stel ek Glad Nie belang in enige verdraaiing of vermenging of "mengelmoes-kardoes-people-pleaser” godsdiens wat opgedis word nie.
Terloops, ek wag nog steeds vir jou om my te antwoord op wat jy as die Goeie Nuus sien en verkondig.
Thomas, … skommel-skommel … skud-skud ... die wetenskapblik .
Sterkte
Dolf