Die "flap" oor Trienie

  • 0


Hello,

Net soos die flappe van die tent wat kon wapper in die wind en ook die tent self wat nooit bestaan het nie is daar ’n “flap” oor die geval van Trienie. Chris het die bokspronge duidelik uitgewys. Susters en dogters wat instaan vir mekaar, ’n seun wat beide te oud of te jonk kan wees of werklik ’n wonderwerk as Trienie op 60 jaar hom gebaar het. Daar is selfs spekulasie dat Angus ’n persona vir ligte vermaak geskep het.

Maar hierdie is die gevalle wat op die internet uitspeel en stof tot nadenke bied. ’n Persona kan na willekeur geskep word en is dit mos nou al welbekend dat gereeld is die persoon met wie daar gekommunikeer word oor die media van die internet nie altyd die persoon wat jy dink hulle is.

Alhoewel daar na hulle verwys word, moet dit duidelik gestel word, dit is nie ’n aanklag nie, maar wie is Jan Rap, wie is Comestor en dan myself byvoorbeeld, Wouter Ferns of ’n Kobus de Klerk of ’n Chris Dippenaar. Ek het al gepoog om ’n foto by my profiel te plaas maar het nie daarin geslaag nie.

Dit word dus aan die leser oorgelaat om hulle verbeelding te laat gaan, maar ek is bereid om ’n wenk te bied. Dink aan Shrek op ’n slegte dag en sonder die sjarme wat nog nooit ’n enkele boek gelees nie.

Hierdie moontlikheid van ’n vals persona onder die naam Trienie laat my onthou die oproer van 2011 oor ’n lesbiese Siriëse blogger wat met die volgende doenig was. Die blog het voorgegee as doelwit "what it's like to be a lesbian here", en het funksioneer onder die naam “A Gay Girl in Damascus”.

Die uitlokkende aard van die blog se naam is ook opmerklik en was daar beweer dat sy ontvoer was.

Daar is geen manier waarop hierdie van gedrag goedgekeur kan word en word dit vererger deur die feit dat die persoon agter die blog, of dan agter ’n tent, ook die identiteit van hierdie persoon gesteel het. ’n Jelena Lecic soos dit geneem was van  media wat deur haar gepubliseer was op ander sosiale media en deur die persoon agter die skema misbruik was.

Soos dit begin rugbaar geraak het dat “Amina Abdallah Araf al Omari” nie ’n werklike persoon is nie, het die net nouer gespan om die persoon wat met die skema besig was.

Daar is onder andere bevestig dat “Amina Abdallah Araf al Omari” nie gespoor kon word in beide die Amerikaanse staat waar sy kwansuis gebore sou wees of skool gegaan het en nog minder agter die tent asook die tent self.  

Soos aangedui die net rondom die blogger het nouer gespan. Die gebruik van die IP-netwerk het die oorsprong van die artikels na Edinburgh gespoor en so na die adres van Fritta Froelicher, wat studeer het by die Universiteit van St Andrews vir ’n PhD in Siriëse ekonomiese ontwikkeling en dan uiteindelik haar man, Tom MacMaster, toe 40 jaar oud besig met ’n meestersgraad en ’n aktivis en die brein agter dit alles.   

Die motiewe vir dit alles is nie duidelik, hoekom dit so beplan en aangebied was nie behalwe vir die volgende rede:

"The events [in the Middle East] are being shaped by the people living them on a daily basis. I have only tried to illuminate them for a western audience."

Dit sou verwag word is die werk van ’n joernalis of  die nuusmedia en nie hierdie tipe van bedrog.

Daar word afgesluit met  hierdie aanhaling uit “The Guardian” :

In a post entitled "Painful doubts about Amina", the feminist blogger Liz Henry, who had featured writings by Araf in the past, wrote of her experience in 2003 with the blogger Plain Layne.

"Her life as a bisexual young woman was full of drama; she was goodhearted, generous, incredibly engaging, a fabulous writer, and would sometimes get herself into situations that would just make you stay awake at night worrying about her life … it was quite incredible.
"Well … to make a long story short Plain Layne turned out to be this middle-aged guy named Odin Soli who had also won blog awards years before as Acanit, a young lesbian Muslim girl with a Jewish girlfriend."

Die waarheid is inderdaad vreemder as fiksie.

Baie dankie

Wouter

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top