Hello Comestor,
Baie dankie vir jou vriendelike woorde al het dit die stekie van gewone sterflinge gehad. Ek glo ek is korrek met my veronderstelling dat die volgende programreeks in jou smaak sal val.
Vir die afgelope twee jaar word dit opgemerk dat BBC4 Radio die eerste week van die nuwe jaar gebruik om 'n reeks programme aan te bied wat 'n spesifieke aspek dek in die area van kultuur en word dit deur Melvyn Bragg aangebied. 'n Baie slim korrelkop wat weet dit is sy program en nie die gaste se program wat daarop verskyn nie.
In 2012 het hy 'n reeks programme aangebied oor hoe skryfkuns tot grondslag gekom het en bied 'n roete van die kleitablet tot en met Johannes Gutenberg en dalk selfs Johannes Comestor.
Hierdie jaar word die kwessie van kultuur aangespreek en die kompleksiteit wat deur die term verwoord word. Die programme is nog vir 'n jaar beskikbaar en kan jy hier na dit luister.
Dit begin met Matthew Arnold se 'sweetness & light', die beste wat al gedink is en hoe dit vir 'opheffing' gebruik kan word. Die kultivering van die siel en gees.
http://www.bbc.co.uk/programmes/b01pmg02/episodes/guide
Ek hoop jy geniet dit asook ander wat daarna wil luister.
Baie Dankie
Wouter

