Enige leser aan die anderkant van my rekenaar wat belangstel in vliegtuie?
My suster in Quebec is heel opgewonde vandag. Haar man wat werksaam is by Bombardier in Marbel, Quebec, sou vandag hul nuutste CSeries toetsvliegtuig vir die eerste keer oopgestel het aan die publiek. Hierdie gebeurtenis sou plaasvind binne in die fabriek self. ‘n Okkasie lank verwag.
Die foto bo is vrygestel op 26 Feb 2013, en van die eerstes. Wat die hele saak uniek maak is dat hierdie vliegtuig blykbaar toegerus word met die heel eerste stel “Pratt and Whitney geared turbofan engines.” Wat dit alles behels, is ek nie seker nie.
Soos hul dit op die web stel:
Still unknown is the level of readiness of the aircraft systems, including Bombardier's first fly-by-wire flight controls. Last week, Bombardier said that the first flight software load has been installed in the complete integrated aircraft systems test area (CIASTA).
Nou ja, ek glo dat die res van die “assembly” goed afgeloop het, en hul sperdatum van vandag gehaal is.
Ek is opgewonde saam met hulle, nou deel ek dit maar met jou ook. Ten minste sien jy die foto vir die eerste keer. Hou tog duime vas as dit tyd is vir die eerste vlieg-toets-storie (wat blykbaar nie later dan 30 Junie mag wees, sodat dit in 2014 gereed sal wees vir die mark) dat my swaer veilig sal land op moedertjie aarde.
Trienie


Kommentaar
Baie interessant!
Die tipe enjins is meer geskik vir kleiner rederye en korter roetes, meer ekonomies. Blykbaar is hulle ook minder lawaaierig met opstyg, namate woonbuurte al nader en rondom lughawens kruip, 'bitch" mense meer en meer oor die lawaai. Snaaks, hulle bou eers die huis en dan wil hulle hê die lughawe moet verplaas word.
Ai, ek verstaan die mensdom nie mooi nie.
Duitswester
Baie dankie vir die vars nuus. Die mense kan maar vliegtuie bou. Die besigheidstralers wat hulle bou vergelyk goed met die Gulfstream. Daar was sprake dat ons lugmag op 'n stadium van die Bombardier Global Express vliegtuie wou aankoop, maar het 'n stil dood gesterf. Iemand kon seker nie genoeg fondse verdoesel nie.
As jou swaer die Avrocar toetsloods was, kon ons al samesweringsteoloë op LitNet dalk opgewonde gekry het? Vra jou swaer oor die Avrocar-projek in Kanada en waarom Kanada nog nooit die lugvaart omgewing opgewonde gekry het na die biljoen dollar geldmors projek?
Hans
Die chinese gaan binnekort begin om ALMAL uit die kussings te lug...die Kanada en OZ ekonomie se borrels gaan altwee vanjaar bars...kyk maar mooi, daai poepolle gaan in hul miljoene moet kom loop werk soek, oa in SA...