Ek het al soveel navrae by soveel plekke gedoen oor Babette’s Feast wat in Afrikaans oorgeklank is – baie jare gelede. Ek het my opgeneemde weergawe met ou advertensies en al, elke jaar tussen Kersfees en Nuwejaar gekyk. Weet iemand dalk of dit nog bestaan? Dit was ontsettend pragtig.
Ek wil dit so graag op DVD koop – dink julle die voormalige SAUK het moontlik van daai skatte ontslae geraak. Ek het myne in ‘n trekkery verloor en my hart is gebroke daaroor.
Help asseblief. In Afrikaans was dit Babette se feesmaal.
Vriendelike groete
Rietha


Kommentaar
Rieta ek ook! Ek het dit in 'n huisbrand verloor. Kon jy dit weer êrens opspoor? Ek is in Australië, maar ons mis ons mense en kom moontlik na 12 jaar hier terug.