Hello,
Dit sal nie verregaande wees om te beweer daar is nog steeds ‘n hunkering daarna in hierdie land van ons onder ‘n gedeelte van die bevolking nie. Die refrein is bekend, parke was skoon, die strate het nie na urine geruik nie en daar kon veilig rond gegaan word. Sunnyside was die ou Sunnyside. Dit was die goeie ou dae en hoe word dit nie gemis nie. Vir die rekord ek bevind my nie in Sunnyside nie maar wel in ‘n sekuriteitskompleks.
Die VSA het natuurlik sy eie ervaring met die beginsel van “apart maar gelyk” gehad soos vasgevang in die hofsaak van Plessy v Ferguson van 1896 wat die volgende bevind het en dan dink die Afrikaner hy was eerste daar.
Plessy v Ferguson (1896):
…
Every exercise of the police power must be reasonable, and extend only to such laws as are enacted in good faith for the promotion for the public good, and not for the annoyance or oppression of a particular class.
…
In determining the question of reasonableness, it is at liberty to act with reference to the established usages, customs, and traditions of the people, and with a view to the promotion of their comfort and the preservation of the public peace and good order. Gauged by this standard, we cannot say that a law which authorizes or even requires the separation of the two races in public conveyances is unreasonable…
…
We consider the underlying fallacy of the plaintiff’s argument to consist in the assumption that the enforced separation of the two races stamps the colored race with a badge of inferiority. If this be so, it is not by reason of anything found in the act, but solely because the colored race chooses to put that construction upon it.
Hoekom word hierdie nou weer opgediep. Kan die verlede maar nie laat gaan word nie. Kan ons nie in terme van pop-sielkunde “closure” vind nie sodat daar aanbeweeg kan word.
Die rede vir hierdie skrywe is die ontwikkeling wat nou plaasvind in Israel:
Die Washington Post rapporteer dit soos volg:
Die reaksie was verdoemend:
Maar daar is niks soos “spin” nie:
West Bank Palestinians vie to take a new bus service begun Monday to reach their jobs in Israel. Critics say it smacked of segregation; the government said it only added travel options.
"Adding new bus lines servicing Palestinian areas is not segregation," a Katz spokesman said. "Anyone can ride on any bus. There are now just more buses."
OK, so wat is dan aan die gang?
Hierdie kan dan in die konteks gelees van ’n artikel wat voorheen in Haaretz gepubliseer was:
The majority of the Jewish public, 59 percent, wants preference for Jews over Arabs in admission to jobs in government ministries. Almost half the Jews, 49 percent, want the state to treat Jewish citizens better than Arab ones; 42 percent don’t want to live in the same building with Arabs and 42 percent don’t want their children in the same class with Arab children. A third of the Jewish public wants a law barring Israeli Arabs from voting for the Knesset and a large majority of 69 percent objects to giving 2.5 million Palestinians the right to vote if Israel annexes the West Bank.
A sweeping 74 percent majority is in favor of separate roads for Israelis and Palestinians in the West Bank. A quarter – 24 percent – believe separate roads are “a good situation” and 50 percent believe they are “a necessary situation.”
Almost half – 47 percent – want part of Israel’s Arab population to be transferred to the Palestinian Authority and 36 percent support transferring some of the Arab towns from Israel to the PA, in exchange for keeping some of the West Bank settlements.
Dan nog steeds word Israel as ’n voorbeeld vir navolging hier gebied.
Hopelik sal sulke gedagtes nou met ’n sak sout geneem word.
Baie dankie
Wouter


Kommentaar
'n Hunkering waarna? Dat Sunnyside weer veilig is en nie na urine ruik nie? As dit is wat jy bedoel hunker almal daarna, nie net 'n gedeelte van die bevolking soos jy in jou openingsparagraaf beweer nie.
Dag Wouter,
jy noem die woord 'spin". Jy het egter self 'n "spin" op jou weergawe geplaas. Min mense weet iets van die geskiedenis van Israel en die Arabiere wat hulself Palestyne noem, hul geskiedenis, hul aansprake ens, so dit is baie maklik om Israel te beskuldig en in 'n swak lig te plaas.
Wanneer jy weer sulke briewe skryf, noem dan ook hoeveel vuurpyle die Palestyne die afgelope jaar in Israel ingeskiet het, noem hoeveel "resolusies" die VVO teen Israel verklaar en hoeveel teen die Palestynse terroriste. Ons kan aangaan en aangaan.
Ek vra, Wouter, dat jy objektief en regverdig praat.
Shalom
Duitswester
Ai Jan, daar is jy nou al weer moedswillig ...
Wouter, dit is nie die eerste keer nie, dat jy 'n eienaardige tendens toon, nl om 'n tyd lank heeltemal weg te raak en dan skielik SêNet met briewe te oorval. Mag ek uit blote nuuskierigheid vra wat is die oorsaak van hierdie verskynsel?
George
Hello George,